Dordrecht is 'n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie Oos-Kaap met sowat 7 000 inwoners. Dordrecht lê teen die oostelike hange van die Stormbergreeks en is onder meer bekend om sy rotstekeninge.31°22′S 27°2′O
Geskiedenis Die dorp het ontstaan in 1856 toe 'n NG gemeente, die NG gemeente Dordrecht, hier gestig is. Die kerk het die plaas Boschrand van L.J. Buys gekoop en die dorp is na Dordrecht in Nederland genoem. Die spoorlyn het die dorp in 1931 bereik. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is die dorp deur die Boeremagte verower.
Die Anderson-museum in Greystraat is in 1984 in die dorp gestig.
Bekende boorlinge Die Hoërskool Dordrecht het tot 2012 reeds drie Springbok-rugbyspelers opgelewer.Rugby15.co.za se lys skole wat die meeste Springbokke opgelewer het . URL besoek op 12 Junie 2013 Bekendes wat hier gebore is, sluit in: Hennie Aucamp – bekroonde skrywer en digter. Marais Steyn – politikus van sowel die Verenigde as die Nasionale Party. O.S. Vermooten – prokureur, politikus en een van die eerste Volksraadslede van die Nasionale Party.
Susterstede Dordrecht (Nederland), sedert 23 Maart 2006
Sien ook NG gemeente Dordrecht Gereformeerde kerk Dordrecht Lys van dorpe in Suid-Afrika
Galery Openbare geboue
Sakegeboue
Woonhuise
Algemeen
Verwysings
Eksterne skakels Die stigting Dordrecht
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap