Escombe is 'n voorstad van Durban, tussen Northdene en Malvern, sowat 12 km wes van die stadsaal.

Die voorstad is genoem na Harry Escombe (1838–'99), prokureur-generaal, staatsman en stigter van die Natalse Vlootvrywilligers, asook eerste minister van die kolonie vanaf 1897. Die spoorweghalte in Escombe, wat in 1904 in gebruik geneem is, het tot 1911 bekendgestaan as Bowkers, ter ere van kol. J.H. Bowker (oorlede in 1900), wat gewoon het in "Cedars" in Bo-Malvern.

Sien ook NG gemeente Escombe Queensburgh

Bron Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.

Verwysings

Kategorie:Voorstede van Durban