duimnael|Holocaust-gedenksuil duimnael|Holocaust-gedenksteen
Wespark-begraafplaas is 'n groot begraafplaas in Johannesburg, Suid-Afrika. Talle van die land se bekende burgers is hier begrawe. Die begraafplaas is nie aan enige kerklike denominasie verbonde nie en het gebiede waar Christelike, Joodse, Moslem- en Chinese persone begrawe is. Die Joodse afdeling bevat 'n Holocaust-gedenkteken wat in 1959 opgerig is.
Die begraafplaas is in 1942 geopen en was histories deel van een van Johannesburg se oorspronklike plase, genaamd Waterval, wat in 1887 deur twee Geldenhuys-broers gekoop is in die hoop om goud te vind. Ongeag dat hulle nie goud gekry het nie, het Louw Geldenhuys 'n aantal Boereoorlog-veterane in diens geneem om die Emmarentiadam te bou en het hy kleinhoewes vir die verbou van groente en vrugte verhuur.
In 1933 is 13 hektaar aan die Stad Johannesburg geskenk vir parke en ontspanningsgeriewe, wat nadat verdere land aangekoop is, ontwikkel is tot die Johannesburgse Botaniese Tuin, Marks Park Sportklub en die Wespark-begraafplaas. Vandag is hierdie uitgestrekte begraafplaas die finale rusplek van duisende Johannesburgse inwoners, en bied dit aparte gebiede vir Chinese, Moslem, Joodse, Christelike en SANW-begrafnisse. Talle versierde grafstene en mausoleums kan dwarsdeur die park gevind word.
Wespark is 'n aktiewe begraafplaas en begrafnisse word steeds hier uitgevoer.
Noemenswaardige teraardebestellings Van die bekendes wat hier begrawe is: Ahmed Kathrada (1929-2017), politikus en anti-apartheidsaktivis Alfred Baphethuxolo Nzo (1925–2000), Suid-Afrikaanse politikus Joe Modise (1929–2001), Suid-Afrikaanse politikus Helen Suzman (1917–2009), Suid-Afrikaanse politikus Herman Charles Bosman (1905–1951), Suid-Afrikaanse skrywer en joernalis Mandoza (1978-2016), kwaito-musikant Silver de Lange (1904–1956), musikant en bobaas-konsertinaspeler Johnny Clegg (1953-2019), musikant Johannes van der Walt (1908–1943), rofstoeier
Verwysings
Kategorie:Begraafplase Kategorie:Johannesburg