Christopher Julius "Chris" Rock III (gebore op 7 Februarie 1965) is ’n Amerikaanse akteur, komediant, draaiboekskrywer, rolprentregisseur, en (rolprent)vervaardiger.

Loopbaan Nadat hy as skerpskertser gewerk en klein rolle vertolk het, het Rock in die vroeë 1990's aan ’n wyer gehoor bekend geword as lid van die span van Saturday Night Live. Hierna het hy in groter rolprentrolle verskyn in onder meer Down to Earth (2001), Head of State (2003), die Madagascar-reeks (2005–2012), Grown Ups (2010), Grown Ups 2 (2013) en Top Five (2014), asook in verskeie spesiale TV-komedies. Hy het ook die sitkom Everybody Hates Chris (2005–2009) ontwikkel, geskryf en vervaardig. Hy het in 2005 die 77ste Oscar-toekenningsaand aangebied en in 2016 teruggekeer as aanbieder van die 88ste seremonie.

In ’n opname deur Comedy Central in Amerika is hy aangewys as die vyfde beste skerpskertser. In 2007 is hy in Brittanje gelys as die negende beste skerpskertser op Channel 4 se 100 Greatest Stand-Ups en in 2010 as die agtste beste.

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia.

Eksterne skakels Amptelike webtuiste

Kategorie:Amerikaanse draaiboekskrywers Kategorie:Amerikaanse komediante Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Amerikaanse vervaardigers Kategorie:Afro-Amerikaners Kategorie:Geboortes in 1965 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu