duimnael|Sixel (heel links) saam met die regisseur en spelers van Mad Max: Fury Road op 2015 se Cannes-rolprentfees.

Margaret Sixel is ’n Australiese rolprentredigeerder wat in Suid-Afrika gebore is. Sy het al in verskeie genres gewerk, soos dokumentêre, lewende-aksie-kortprente, animasiekomedies en epiese aksieflieks. Haar ouers, Harry and Joan Sixel, woon in Constantia, Kaapstad.Oscars Mad about SA, Cape Argus, 29 Februarie 2016 URL besoek op 29 Februarie 2016

Loopbaan Sixel het rolprentredigering in Australië gestudeer en in 1989 ’n spesialissertifikaat behaal. Sy is die bekendste vir haar werk aan rolprente soos Babe: Pig in the City (1998), Happy Feet (2006) en Mad Max: Fury Road (2015). Vir laasgenoemde het sy in 2016 die Oscar gewen vir beste rolprentredigering.

Sy is in 1995 met die regisseur van Mad Max: Fury Road, George Miller, getroud. Toe sy in 2012 aan dié fliek begin werk, het iemand Miller gevra hoekom hy sy vrou die prent laat redigeer. Hy het geantwoord dis omdat sy nog nooit ’n aksieprent geredigeer het nie; as hy "die gewone soort ouens" vra om dit te doen, "sal die prent nes enige ander aksiefliek lyk".

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Rolprentredigeerders Kategorie:Australiërs Kategorie:Suid-Afrikaners Kategorie:Lewende mense