duimnael|links|Verspreiding van etniese groepe in Mianmar in 1972: Die Bamar (Birmaans: ဗမာလူမျိုး, 'ba. ma lu myui'', [bəmà lùmjó]) is 'n nasie en etniese groep inheems aan Mianmar en die aangrensende lande van Suidoos-Asië, veral Thailand. Hulle vorm die titulêre nasie van Mianmar en maak omtrent 68% van Mianmar se bevolking uit.

Die Bamar behoort tot die Sino-Tibettaanse volke wat naas die Volksrepubliek China ook in lande soos Bhoetan, Mianmar, Nepal en Indië se noordooste leef. Hulle praat Birmaans as moedertaal wat die amptelike taal van Mianmar vorm.

Die Bamar is hoofsaaklik aanhangers van die Theravada-Boeddhisme, gevolg deur klein minderhede soos Moslems, Hindoes en Christene.

Bamar word soms ook Birmane''' genoem, hoewel hierdie term gewoonlik na die hele bevolking van Mianmar verwys, insluitende etniese minderhede soos Han-Chinese (1,6 miljoen) en Thai.

Wêreldwyd leef sowat 30 miljoen Bamar, waarvan sowat 29 miljoen in Mianmar en omtrent 1 miljoen in Thailand. In Mianmar leef hulle veral in die sentrale gebiede langs die Irrawaddy se vallei.

Bronne

Kategorie:Etniese groepe in Mianmar Kategorie:Etniese groepe in Thailand