duimnael|320px|regs|Die kerk met sy nuwe toring, ingewy in 1908. Weens die groot palmbome wat intussen bygekom het, is dit vandag onmoontlik om die kerk uit dieselfde oogpunt af te neem as in onderstaande foto's van omstreeks 1884 en 1917.
Die NG gemeente Uniondale is ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met sy middelpunt op die dorp Uniondale, Wes-Kaap.
Agtergrond duimnael|links|180px|Ds. J.S. Loots is in 1949 in die gemeente bevestig. Die dorp het in 1856 ontstaan toe die eienaars van elk van die twee dele van die plaas Rietvallei, menere James Stewart en ene Du Preez, elkeen 'n dorpie aanlê, naamlik Hopedale en Lyon. Die dorpies het aan mekaar gegrens, maar daar was onenigheid tussen die twee eienaars tot hulle op 24 September 1865 'n brief aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Ring van George geskryf het waarin hulle te kenne gegee het dat hulle graag die dorpies wou verenig as Uniondale. Daarom vra hulle die ring om 'n gemeente hier van die NG gemeente George af te stig.
Die Ring voldoen op 19 Oktober 1865 aan die versoek en op 20 Januarie 1866 word die gemeente amptelik gestig met ds. A.G.M. Kuys van George as konsulent. Hy het die gemeente vier jaar lank bedien in die eerste NG kerkgebou (tussen die twee dorpies opgerig), wat later aan die Christelike Jongliedevereniging (CJV) en daarna aan die Voortrekker-beweging behoort het.
In Januarie 1870 is prop. P.D. Rossouw as eerste leraar van die gemeente bevestig en word in 1878 opgevolg deur ds. W.A. Joubert wat 15 jaar lank hier arbei en die laaste 20 jaar van sy bediening leraar van die NG gemeente Noorder-Paarl, die sogenaamde Toringkerk, was. Tydens sy dienstyd is 'n nuwe kerkgebou opgerig. Weens 'n gevaarlike bars in die eerste kerktoring is dit in 1908, in die tyd van ds. W.F. Louw, afgebreek en herbou, net drie jaar nadat die moedergemeente se kerk op George se toring in 1905 ineengestort het.
Ná ds. Joubert volg ds. J. F. Botha, wat hom besonder beywer het om die groot kerkskuld te vereffen. 'n Soliede gekapte klipringmuur is by die kerkgebou tydens die bediening van ds. D.G. van der Merwe (1922 tot 1929) aangebring. Die bestaande kerkorrel is in 1930 gebou teen 'n koste van £1 200, gekollekteer deur ds. Van der Merwe. Van die oorspronklike gemeente is afgestig: 'n deel van De Rust (1900), die hele Joubertina (1907), 'n gedeelte van Herold (1931) en eindelik twee wyke van die gemeente Misgund (1950).
Ds. P.D. Rossouw duimnael|regs|190px|Ds. P.D. Rossouw as jong leraar op Uniondale. Hy was van 22 Januarie 1870 die gemeente se eerste leraar, ook sy eerste werkkring. Ds. P.D. Rossouw is getroud met mej. Sophia Agnes Johanna Human, die dogter van 'n welgestelde boer van Riversdal. Een van ds. Rossouw se seuns, Pierre Daniël Rossouw, het as skoolinspekteur goeie opgang in die onderwysveld gemaak. 'n Kleinseun van hom, dr. Pierre Ettienne Rousseau, was hoof van die staatsonderneming op Sasolburg. Ds. Rossouw is op 21 Januarie 1870 op Uniondale ontvang en die dag daarna deur ds. J.G.J. Horak van Mosselbaai bevestig. Ds. Kuys sou hom kom ontvang het, maar is weens ernstige siekte tuis verhinder. Die verrigtinge is ook bygewoon deur ds. M.C. Botha van Knysna en ds. George Murray van Willowmore. Die plaaslike Independente Sendingkerk is verteenwoordig deur eerw. Dower. Die Saterdagaand ná die bevestiging is 'n spesiale kerkraadsvergadering onder voorsitterskap van ds. Horak gehou. Met 'n gepaste woord het die konsulent die gemeente aan sy eerste leraar oorhandig. Nadat ds. Rossouw met 'n kort en hartlike woord geantwoord het, is die vergadering verdaag tot die Maandagmôre om vyfuur. Die notule van die vergadering lui: "Op Maandag ochtend op den bepaalden tyd kwam de gehele kerkraad weder byeen."
Die heel dringendste probleem waarmee die kerkraad te doen gekry het, was huisvesting vir die leraar. 'n Komitee is aangestel om die saak te behartig, maar hulle het besluit om liewer te wag ten einde die leraar self daaroor te raadpleeg by sy aankoms. Mnr. F. Taute van Molenrivier het sy woning en erf op Uniondale vir 'n pastorie teen £550 aangebied. Hierdie aanbod is van die hand gewys en die kerkraad besluit om voorlopig 'n woonhuis te huur. Toe kom die geldsake aan die beurt. Die kassier-diaken rapporteer dat daar nog 'n tekort van £25 op die lopende rekening was, behalwe die £300 skuld vir die aankoop van die Lyon-erwe. Die dorp het in 1856 ontstaan toe die eienaars van elk van die twee dele van die plaas Rietvallei, menere James Stewart en ene Du Preez, elkeen 'n dorpie aangelê het, naamlik Hopedale en Lyon. Die dorpies het aan mekaar gegrens, maar daar was onenigheid tussen die twee eienaars tot hulle op 24 September 1865 'n brief aan die NG Ring van George geskryf het waarin hulle te kenne gegee het dat hulle graag die dorpies wou verenig as Uniondale. Daarom vra hulle die ring moet hier 'n gemeente die NG gemeente George afstig. Die ring het op 19 Oktober 1865 aan die versoek voldoen en op 20 Januarie 1866 is die gemeente amptelik gestig met ds. A.G.M. Kuys van George as konsulent. Hy het die gemeente vier jaar lank bedien.
Die kerkraad het onderneem om twee basaars te organiseer, want die uitgawes sou van toe af baie hoër as vroeër wees. Die kerkraad het onderneem om £200 aan die nuwe leraar jaarliks te betaal en 'n voorleser-koster is teen £50 per jaar in diens geneem. Die omstrede aankoop van die erwe het ook op die lappe gekom. Ds. Rossouw wou hierdie skuld ook so gou moontlik afbetaal sien. Aangesien mnr. Wehmeyer nie meer lid van die kerkraad was nie, is diaken A.N. Smuts in sy plek tot diaken-kassier verkies. Maar in die praktyk is die inkomste- en uitgaweboek deur die dominee self gehou. By die oorname van die boeke het ds. Rossouw die uittredende diaken-kassier hartlik bedank "voor zijne jaren lange en trouwe diensten", en die vertroue uitgespreek dat hy nog lank die gemeente in alle opsigte behulpsaam sou wees. Drie kerkraadslede, te wete C. J. Fourie, H. J. Kritzinger en J. H. Barnard, het onderneem om die £300 aan die kerk voor te skiet ten einde die skuld op die erwe af te betaal. Ds. Rossouw, wat ook as scriba opgetree het, het onderneem om met die verbandhouers, Barry en Neven, oor die afbetaling van die skuld, en die oorneem van die kerkerwe te onderhandel. Aangesien hy self geen ervaring van sulke transaksies gehad het nie, nader hy 'n ou skoolvriend, prokureur John Cairncross van Mosselbaai, om die saak vir hom af te handel. Mnr. Wehmeyer, wat self as agent opgetree het, het dit as 'n mosie van wantroue in hom beskou. In die verlede het hy altyd in saketransaksies opgetree, maar nou is hy verbygegaan.
Toe die erwe-kwessie op 'n latere kerkraadsvergadering bespreek is, het van die kerkraadslede op beledigende wyse van mnr. Wehmeyer gepraat. As gevolg daarvan het 'n skerp briefwisseling tussen Wehmeyer en ds. Rossouw gevolg. Mnr. Wehmeyer eis dat die uitdrukkinge wat in die openbaar teen hom gebesig is, (die kerkraadsvergaderings is steeds met ope deur gehou) nou ook in die openbaar teruggetrek word. Aan mnr. Wehmeyer is die geleentheid gegun om die kerkraad oor die geskil te ontmoet. By hierdie byeenkoms het die twee partye besluit om die kwessie uit die weg te ruim en mekaar die broederhand te reik. Ongelukkig sou dit later blyk dat die wedersydse wantroue voortgeduur het, en die direkte aanleiding was tot 'n ongelukkige hofsaak.
Intussen het Cairncross in opdrag van die kerkraad voortgegaan om die koopsom op die erwe af te betaal en die transportaktes deur sy Kaapstadse verteenwoordigers deur te sit. Dit was 'n blye dag toe hy kon rapporteer dat die kerkraad uiteindelik in besit was van die transportbriewe van al sy besittings op Uniondale en Krakeel. Aan prokureur Cairncross moes sowat £125 betaal word, wat ook die opgeloopte rente op die koopsom ingesluit het. Ondanks al die verhoogde en ekstra uitgawes kon ds. Rossouw aan die einde van die jaar met 'n klein batige saldo spog. Aandag is ook gewy aan sake te Krakeel; 'n taamlike som geld is bestee om die bouvallige kerkgebous te herstel. Vier dienste sou voortaan jaarliks daar gehou word pleks van net twee. Sondae tussen die predikant se besoeke is die dienste gelei deur die onderwyser en voorleser, D.P. Terburgh, wat sedert 1855 daar gewerk het. Hy kon nie altyd goed oor die weg kom se met die mense op Krakeel nie en een keer wou die kerkraad selfs vir Terburgh en een van die Strydoms weens hul onchristelike optrede teenoor mekaar onder sensuur plaas. Dit het nie so ver gekom nie, maar 'n tydjie daarna het Terburgh sy betrekking neergelê en elders in die gemeente as onderwyser en winkelier 'n bestaan gevind. Ook op Uniondale het die voorleser, J. van der Werff, bedank en in diens van die Independente kerk as onderwyser te Dysselsdorp opgetree.
Die kerkraad het gesukkel om 'n permanente opvolger te kry. Eers het mnr. P. Mostert die betrekking as koster gevul. Daarna het F.W. Schmidt die driedubbele pos van koster, voorleser en onderwyser op Uniondale 'n tydjie gevul. Met die aanstelling van die jongeheer Pieter Cornelis Schoonees in 1872 as voorleser en koster teen £50 per jaar is die kosterprobleem op Uniondale opgelos. As jong seun was hy vanaf 1858 sy vader, mnr. L. A. Schoonees, koster en voorleser op Mosselbaai, behulpsaam. Die twee voorleser-gesinne, Terburgh en Schoonees, is deur die huwelik met mekaar verbind: Die twee seuns Schoonees, P. C. en L. J., is met twee susters Terburgh getroud. Soos die eerste Schoonees op Mosselbaai sy seuns van jongs af geleer het om hom in sy werk by te staan, so het ook Uniondale se Schoonees sy seuns dikwels ingespan om soos hul vader en grootvader ook die rol van "klokluider" te vervul.
Eerste pastorie op Uniondale In 1872 het die kwessie van 'n eie pastorie ter sprake gekom, want die pastoriegesin het nog altyd in 'n gehuurde huis van mnr. J. Stewart gewoon. Dit was dieselfde man wat in 1865 saam met mnr. A.L. du Preez belowe het om 'n pastorie aan die gemeente te skenk. Die kerkraad het hom van hierdie verpligting ontslaan nadat Du Preez insolvent geraak het en hy aan die kerkraad 'n belofte van erwe gegee het. Maar ook hierdie belofte is nog nie nagekom nie, tot die kerkraad 'n konferensie met mnr. J. Stewart kon reël in die teenwoordigheid van mnre. Wehmeyer en M.P. Zondagh wat in 1865 in die kerkraad gedien het. Uiteindelik bied mnr. Stewart £15 aan om ook van sy laaste verpligting ontslaan te word. Die jaar daarop knoop die kerkraad weer onderhandelings met mnr. Stewart aan. 'n Ander huis van mnr. Stewart het in die mark gekom en die kerkraad het met hom ooreengekom om dit vir £700 aan te koop. Hierdie huis (die huidige pastorie) is destyds deur die Engelse predikant, eerw. Dorrell, bewoon en hy het tegelykertyd die huidige pastoriesaaltjie vir sy Engelse gemeentetjie as kerkgebou gebruik, solank hy nog besig was met die bou van die Engelse kerkie wat nog op Uniondale staan.
Onmiddellik ná die koop van die pastorie is begin met herstelwerk daaraan. Die grondvloere is vervang deur duursame geelhoutplanke wat te Haarlem aangekoop is. Nieteenstaande die stygende uitgawes kon die gemeente nog die mas opkom, danksy die ywer waarmee ds. Rossouw self gewerk het en sy kerkraadslede mee inspireer het. Veral in die Krakeel-wyk het die lidmate se bydraes baie mooi gestyg. In 1872 byvoorbeeld het die Krakeel-basaar sowat £172 opgelewer wat sowat £66 beter was as die Uniondale-basaar. Nieteenstaande die ontsettende droogte van 1875 het die twee basaars daardie jaar tog £270 opgelewer. Dit het so goed gevorder dat voordat ds. Rossouw die gemeente verlaat het, die pastorie sonder skuld die eiendom van die gemeente was.
'n Skokkende broedermoord