Die groenrugreier (Butorides striata) is 'n algemene standvoël in die tropiese tot gematigde gebiede van die Ou sowel as Nuwe Wêreld.
Identifikasie duimnael|links|'n Groenrugreier in São Paulo, Brasilië duimnael|links|'n Groenrugreier in die Austin Roberts-voëlreservaat, Pretoria duimnael|links|Eier van die groenrugreier Soos die naam van die groenrugreier dui, het die voël 'n rugkant wat grysgroen voorkom. Sy vere het roomkleurige rande. Die kante van sy nek en sy flanke is grys en hy het 'n swart mus. As hy opvlieg, is sy geel pote opvallend. Jonge voëls word aan hul donker rugkante en wit kolle op die gevoude vlerke uitgeken. Die algemene lengte van 'n volwasse groenrugreier is 41 cm.
Habitat Dit is 'n algemene klein reiertjie wat een-een by digbeboste riviere, groot damme, panne en riviermondings of strandmere met wortelbome voorkom. Daglewend; jag al langs die oewer of van 'n lae tak of dooie boom wat in die water staan. Vlieg in 'n boom in as hy opgejaag word.
Verspreiding Kom voor in groot dele van die Vrystaat, KwaZulu-Natal, Namibië en Botswana en oor die hele Mpumalanga, Noordwes, Limpopo, Mosambiek en Zimbabwe.
Dieet Groenrugreiers vreet meestal klein visse en skaaldiere (veral krappe), asook ander waterbewoners, insekte en enige ander eetbare happies, insluitende klein soogdiere.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika. . Inskrywing van die groenrugreier by die webwerf van die Sungei Buloh Natuurreservaat.
Eksterne skakels
Kategorie:Reiers Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin