Die swartreier is 'n skaars standvoël wat egter plek-plek algemeen is.

Identifikasie Die reier is 50 tot 60 cm lank en weeg 280 tot 380 gram. Dit verskil van die Rooikeelreier deurdat hy 'n bonkiger, heeltemal donker reier met donker bene en heldergeel pote is. Hy het die sonderlinge gewoonte om sy vlerke oop te sprei soos 'n sambreel om 'n skaduwee te vorm wanneer hy visvang.

Habitat Kom een-een of in klein groepies, maar soms in groot swerms, aan die oewers van strandmere, vloedpanne en damme voor. Word nie dikwels langs riviere gesien nie.

Verspreiding Nomadies. Word gesien in die noordelike en westelike dele van die Vrystaat, die suid-oostelike dele van Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo Provinsie, Noordwes Provinsie, die noordelike deel van Botswana en sommige dele van Zimbabwe.

Ander name Engelse naam: "Black Egret" Wetenskaplike naam: Egretta ardesiaca

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika;

Kategorie:Reiers