Die rooikeelreier (Egretta vinaceigula) is 'n seldsame, gelokaliseerde standvoël. In Engels staan dit bekend as die Slaty egret.

Identifikasie duimnael|links|In vlug, Namibië Dit lyk soos 'n leikleurige kleinwitreier, maar word aan sy geel tarsi (voetwortels), en van naby aan sy vaalbruin keel en geel oë en gesigvel, van die swartreier onderskei. Die pluime aan sy agterkop ontbreek soms. Dit is sowat 60 cm lank.

Habitat Die reiers boer veral een-een by vlak, digbegroeide vloedpanne en langs stil rivierlope van die Okavangodelta, Linyanti- en Choberiviergebied van Noord-Botswana; 'n swerwer elders.

Verspreiding Hulle kom veral rondom bogenoemde gebiede voor, maar ylverspreide groepies word ook aangetref in die noordelike deel van Namibië, Zimbabwe, Limpopo en die Noordwes-provinsie. Hulle word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika; Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Reiers