Die rooipensreier is 'n waadvoël wat inheems is aan die tropiese en subtropiese streke van Afrika suidwaarts van die ewenaar. In Suider-Afrika is dit 'n skaars somerstandvoël en besoeker. In Engels staan dit as die rufous-bellied heron bekend.
Identifikasie Die rooipensreier is 'n bonkige, donkergekleurde reier met 'n lengte van 58 cm. In nie-broeidrag het volwassenes 'n geel snawel (met grys bo-mandibel), geel gesigvel en pote. In die nesmaaktyd word die gesigvel, snawel en pote koraalpienk. Jonges se rugvere het vaalgeel rande.
Habitat Hulle is skugter alleenlopers wat afgesonderde waters met ruie oewerplantegroei verkies. As hy opgejaag word, vlieg hy in 'n boom in, of duik in ruie plantegroei weg.
Verspreiding Endemies aan Suider- en Sentraal-Afrika.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika;
Kategorie:Reiers