Die Fraaiblaasop (Chelonodon pleurospilus) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan en word aangetref by Durban en die suidkus van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Blaasop beauty. Die spesie is seldsaam.

Identifikasie Die vis word tot 20 cm lank. Sy lyf is bedek met 'n kleurpatroon wat soos militêre kamoeflering lyk. Die boonste helfte van die lyf is groenbruin met silwerwit lyne wat onreëlmatig op die lyf voorkom. Daar kom ook onreëlmatige bruin vlekke op die rug en sye voor. Die onderkant van die lyf is silwerwit met verspreide, klein ligbruin vlekke op. Daar is 'n prominente oranje ring om die oë.

Die vis leef in beskutte rotsareas by die kus en aflandige riwwe in water wat 1 tot 20 m diep is. Hulle is alleenlopers en bly gewoonlik naby die bodem. Hulle dieet is onbekend.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakel Chelonodon pleurospilus by Fishbase.

Kategorie:Beenvisse