Truman Garcia Capote (New Orleans, 30 September 1924 – 25 Augustus 1984) was 'n Amerikaanse akteur en skrywer. Hy het fiksie, niefiksie, kortverhale én toneelstukke geskryf. Sy bekendste werk was In Cold Blood (1966. Deur B.A. Schoeman In Afrikaans vertaal as "Koelbloedig") en die novelle Breakfast at Tiffany's). Minstens 20 rolprente en televisiereekse is al van sy werk gemaak. Sien Breakfast at Tiffany's, die rolprent.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Biografie thumb|200px|links|Truman Capote in 1959. Jeug Capote word as Truman Streckfus Persons in New Orleans gebore. Hy is 'n eensaame kind en leer homself lees voordat hy skool toe gaan.
Op sy vierde verjaarsdag verhuis die gesin na Monroeville waar hy bevriend raak met Harper Lee, die buurmeisie. Hy het 'n lewenslange vriendskap met haar en het 'n invloed op haar bekendste werk, To Kill a Mockingbird.Barra, Allen "Screenings: The Triumph of Capote," American Heritage, Junie/Julie 2006.
Capote begin op sy agtste verjaarsdag skryfThe Dick Cavett Show, 21 Augustus 1980 en beweer hy het op nege al 'n boek geskryf. Toe hy 11 word, begin hy ernstig te skryf. In 1933 verhuis hy na New York Stad om saam met sy moeder en dié se tweede eggenoot, Joseph Garcia Capote, te gaan woon. Dié neem hom aan en hernoem hom "Truman Garcia Capote".
Toe hy sewentien word, begin hy vir die tydskrif The New Yorker skryf.
Aktiwiteite as skrywer Sy debuutroman is Other Voices, Other Rooms (1948), wat 'n groot sukses en blitsverkoper word. Die boek bly meer as nege weke boaan die letterkundelys van die New York Times.
Ná Other Voices, Other Rooms volg werke soos Breakfast at Tiffany's, wat 'n sukses is, en In Cold Blood, 'n niefiksieroman oor 'n wrede moord op 'n gesin in Holcomb, Kansas. Capote doen diepgaande navorsing en praat met almal betrokke in die saak, onder wie die twee ter dood veroordeelde moordenaars. Hy raak bevriend met die moordenaars, wat dit vir hom moeilik maak om die boek te voltooi. Hierdie konflik is die grondslag van die prent oor dié tydperk van sy lewe, Capote (2005). Capote word in hierdie film gespeel deur Philip Seymour Hoffman, wat vir sy rol in 2006 'n Oscar wen as beste akteur.
Karakter Capote was openlik homoseksueel in 'n tyd toe dit nog nie algemeen was nie. Hy het uitgestaan as gevolg van sy hoë, lispelende stem en unieke kleredrag. Hy was beroemd in die letterkundige kringe van die Verenigde State en het beweer dat hy baie beroemdes intiem ken, wat nie altyd waar blyk te gewees het nie. Op 28 November 1966 gee hy 'n legendariese gemaskerde bal in die groot balsaal van die Plaza Hotel in New York ter ere van die uitgewer Katharine Graham.
Latere lewe en dood In sy latere lewe bly Capote grootliks in afsondering. Hy raak verslaaf aan drank en dwelms. Dit het 'n groot inpak op sy gesondheid en hy beleef gereeld hallusinasies. Hy sterf op 25 Augustus 1984 op 59-jarige leeftyd as gevolg van 'n dwelmoordosis in die huis van Joanne Carson, voormalig eggenote van die TV-aanbieder Johnny Carson.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse draaiboekskrywers Kategorie:Amerikaanse dramaturge Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 1984 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu