Adcockvale is 'n voorstad van Port Elizabeth in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Dis 6 km wes van die Baai se stadsaal geleë, noordoos van Newton Park, suid van Schauder en wes van Dowerville. Die voorstad is omstreeks 1949 uitgelê en is genoem ter ere van die destydse burgemeester, W.C. Adcock. Dit word ook as Adcock Vale geskryf.
Verwysings
Bron Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Kategorie:Voorstede van Port Elizabeth