duimnael|300x300px|'n Satellietfoto van ontbossing by die Tierras Bajas-projek in die ooste van Bolivië.
Ontbossing is die proses waarin woude of bosse uitgehaal word en die grond daarna vir iets anders gebruik word.SAFnet Dictionary|Definition For 'deforestation'. Voorbeelde van ontbossing is waar bome uitgehaal word om plek te maak vir landboubedrywighede of nuwe woongebiede. Tropiese reënwoude is tans die plek waar die grootste ontbossing plaasvind.http://www.livescience.com/27692-deforestation.html Byna 30% van die aarde se landoppervlak word deur woude bedek.http://www.worldwildlife.org/threats/deforestation
Ontbossing vind om baie redes plaas: die bome word afgekap om te verkoop of gebruik te word as brandstof en houtskool of houtprodukte, terwyl die land dan gebruik word vir weiding vir diere, plantasies en nedersettings. Wanneer bome uitgehaal word sonder om weer nuwe bome aan te plant, is die gevolge gewoonlik baie nadelig vir die gebied. Daar is 'n verlies aan biodiversiteit en dit het ook 'n verminderde reënval tot gevolg. Ontbossing word ook soms toegepas in oorlogsituasies om skuilplek vir die vyand minder te maak en sekere hulpbronne weg te neem. Moderne voorbeelde hiervan is die VSA se gebruik van Agent Orange in die Viëtnamoorlog. Sedert 2005 het die netto ontbossingstempo in lande met 'n per capita Bruto Binnelandse Produk van ten minste 4,600 miljoen Amerikaanse dollar nie verder vermeerder nie.Kauppi, P. E.; Ausubel, J. H.; Fang, J.; Mather, A. S.; Sedjo, R. A.; Waggoner, P. E. (2006)."Use Energy, Get Rich and Save the Planet", The New York Times, April 20, 2009 Gebiede wat ontbos is het gewoonlik ernstige erosieprobleme en die gebied word dikwels ook 'n woesteny.
Tussen 2000 en 2012 is 2.3 miljoen vierkante kilometer se bosse reg oor die wêreld afgekap."Facts About Rainforests" . As gevolg van ontbossing bly daar net 6.2 miljoen vierkante kilometer van die oorspronklike 16 miljoen vierkante kilometer se woude oor wat vroeër die aarde bedek het.
Oorsake Volgens die Verenigde Nasies se Konvensie oor Klimaatsverandering is die hoofrede vir ontbossing vir landboudoeleindes. Die oorsake van ontbossing is soos volg:
Bestaansboedery – 48%; kommersiële boerdery – 32%; houtkappery vir die houtbedryf -14%; en die afkap van bome vir brandhout – 5%.UNFCCC (2007).
Korrupsie in regeringsinstellings,Burgonio, T.J. (3 Januarie 2008)."WRM Bulletin Number 74" . die oneweredige verdeling van rykdom en mag,"Global Deforestation" . groei in populasie, Alain Marcoux (August 2000). menslike oorbevolking,Butler, Rhett A. "Impact of Population and Poverty on Rainforests".Jocelyn Stock, Andy Rochen. en verstedeliking is verdere redes vir ontbossing.Karen. Globalisering word dikwels gesien as een van die kernoorsake van ontbossing,"The Double Edge of Globalization".Butler, Rhett A. "Human Threats to Rainforests—Economic Restructuring". maar tog is daar gevalle waar die impak van globalisering (nuwe invloei van mannekrag, kapitaal, kommoditeite en idees) 'n positiewe bydrae gelewer het om sekere woude te herstel.Susanna B. Hecht, Susan Kandel, Ileana Gomes, Nelson Cuellar and Herman Rosa (2006). duimnael|'n Moeraswoud in Indragiri Hulu, Sumatra, Indonesië is totaal afgesaag om plek te maak vir 'n oliepalm-plantasie. Hier is die laaste vrag hout uit die woud. Die vernietiging van woud-ekosisteme hou verband met die ekonomiese beskouing wat die transformasie van woude ekonomies aanlokliker maak as die bewaring van die woude.Pearce, David W (Desember 2001). Baie van die funksies van die woude het geen kommersiële waarde vir die eienaar van die woude of gemeenskappe wat op die woude staatmaak vir hulle welvaart nie. Die waarde van woude om koolstof uit die atmosfeer te dreineer of as 'n belangrike biodiversiteitsbron te gebruik gaan bloot na die ryker, ontwikkelde lande en die vergoeding vir hierdie dienste is onvoldoende. Ontwikkelende lande voel dat sekere lande in die ontwikkelde wêreld, soos die VSA, hulle eie woude eeue gelede afgekap het en geweldig baie daarby gebaat het. Nou is hulle bloot skynheilig om te verwag dat ontwikkelende lande hierdie geleenthede misgun word wanneer daar gepleit word vir die bewaring van woude. Hul siening is dat die armes nie die koste van bewaring moet dra indien die rykes die probleme veroorsaak het nie.Erwin H Bulte; Mark Joenje; Hans G P Jansen (2000).
Sommige kommentatore het 'n verskuiwing opgemerk in die oorsake vir ontbossing die afgelope 30 jaar.Butler, Rhett A. and Laurance, William F. (August 2008). Ontbossing is hoofsaaklik gedoen deur bestaansboere en regeringsontwikkelingsprojekte soos transmigrasie in lande soos Indonesië en kolonisasie in Latyns-Amerika, Indië, Java en so meer in die laat 19de eeu en eerste helfte van die 20ste eeu. Teen die 1990's is ontbossing hoofsaaklik veroorsaak deur industriële faktore soos die natuurprodukte-industrie, grootskaalse beesboerdery en uitgebreide landboubedrywighede.Rudel, T.K. 2005 "Tropical Forests: Regional Paths of Destruction and Regeneration in the Late 20th Century" Columbia University Press
Omgewingsprobleme
Atmosferies duimnael|Die onwettige afkap en verbranding van woude in Madagaskar, 2010 Ontbossing is steeds aan die gang en verander die klimaat en geografie."NASA – Top Story – NASA DATA SHOWS DEFORESTATION AFFECTS CLIMATE" ."Massive deforestation threatens food security" .Deforestation , ScienceDailyConfirmed: Deforestation Plays Critical Climate Change Role, ScienceDaily, 11 Mei 2007Clearing Forests May Transform Local—and Global—Climate; Researchers are finding that massive deforestation may have a profound, and possibly catastrophic, impact on local weather 4 Maart 2013 Scientific American
Ontbossing dra beslis by tot aardverwarming,Deforestation causes global warming , FAOPhilip M. Fearnside1 and William F. Laurance, TROPICAL DEFORESTATION AND GREENHOUSE-GAS EMISSIONS, Ecological Applications, Volume 14, Issue 4 (August 2004) pp. 982–986 en word dikwels genoem as een van die vernaamste oorsake van die versnelling in die kweekhuiseffek. Ontbossing van tropiese woude is verantwoordelik vir ongeveer 20% van die wêreld se vrystelling van kweekhuisgasse."Fondation Chirac » Deforestation and desertification". Ontbossing is daarvoor verantwoordelik dat koolstofdioksied langer in die atmosfeer bly. Wanneer koolstofdioksied toeneem, produseer dit 'n laag in die atmosfeer wat die son se uitstraling vasvang. Hierdie uitstraling verander in hitte en dit veroorsaak aardverwarming. Mumoki, Fiona. Plante verwyder koolstof in die vorm van koolstofdioksied van die aarde se atmosfeer deur fotosintese, maar stel weer koolstofdioksied in die atmosfeer vry deur normale respirasie. Net in die aktiewe groeiproses kan 'n boom of 'n woud koolstof uit die atmosfeer verwyder deur dit in plantweefsel te berg. Wanneer die boom verrot, of brand, word die meeste van hierdie gestoorde koolstof terug in die atmosfeer geplaas. Indien die bome in 'n woud afgekap word en gebruik word vir produkte wat lank sal hou en jong boompies word geplant om dit te vervang, kan dit help om die koolstof uit die atmosfeer te verwyder.I.C. Prentice. duimnael|Vure op Borneo en Sumatra, 2006. Hier kap die inwoners die bome af en verbrand dit om plek te maak vir landbou. Leke glo vas dat reënwoude 'n groot bydrae lewer tot die wêreld se suurstofvlakke, tog aanvaar wetenskaplikes dat reënwoude net 'n geringe bydrae maak tot die atmosferiese suurstofvlakke.Broeker, Wallace S. (2006).Moran, Emilio F. (1993). Dis wel so dat die verbranding van woude groot hoeveelhede CO2 vrystel wat weer bydrae tot aardverwarming.Philip M. Fearnside1 and William F. Laurance, TROPICAL DEFORESTATION AND GREENHOUSE-GAS EMISSIONS, Ecological Applications, Volume 14, Issue 4 (August 2004) pp. 982–986 Wetenskaplikes reken ook dat die ontbossing van tropiese gebiede elke jaar 1.5 miljard ton koolstof in die atmosfeer vrystel.R Defries, F Achard, S Brown, M Herold, D Murdiyarso, B Schlamadinger, C Desouzajr (2007).
Hidrologie Die waterkringloop word ook deur ontbossing beïnvloed. Bome onttrek grondwater met hul wortels en stel dit in die atmosfeer vry. Wanneer 'n deel van 'n woud vernietig word, kan bome nie meer hierdie water vrystel nie en daarom word die klimaat veel droër. Ontbossing verminder die hoeveelheid water in die grond en grondwater en verminder ook die atmosferiese vogtigheid. Die droë grond bied minder water wat die bome kan onttrek."Underlying Causes of Deforestation" . Ontbossing maak grondverbingind minder en daarom is erosie, vloede en grondstortings alles moontlike gevolge van ontbossing.Daniel Rogge.China's floods: Is deforestation to blame?
Wanneer die area wat bebos is kleiner word, maak dit die landskap se vermoë om die neerslag op te vang en te behou, minder. Dit voorkom dat die reënwater deurfilter na die grondwater en die meeste van die reën in die gebied spoel weg. Omdat oppervlakwater vinniger wegspoel as grondwater sal daar baie meer vloede in 'n gebied voorkom as toe dit 'n woud was. Volgens een studie in Noord- en Noordwes-China het die gemiddelde jaarlikse reënval in die gebied met een derde afgeneem tussen die 1950's en 1980's nadat die gebied ontbos is.Hongchang, Wang (1998-01-01).
Tropiese reënwoude produseer omtrent 30% van ons planeet se vars water.
Grond duimnael|regs|350x350px|'n Voorbeeld van ontbossing in Rio de Janeiro, Brasilië. Die bome is uitgehaal om die klei te gebruik. Daar is min erosie in woude wat onaangeraak is, bloot 2 metrieke ton per km². Met ontbossing verhoog die hoeveelheid grond wat verlore gaan weens erosie aansienlik want dan spoel die water makliker weg.
Boomwortels hou die grond om die boom bymekaar en kan dit ook verbind met die rotslaag onder die wortels. Wanneer die bome teen 'n steil helling uitgehaal word, is die laag grond wat oorbly vlak en los en dit verhoog die moontlikheid van grondstortings wat mense wat in die omgewing woon kan in gevaar stel.
Biodiversiteit Wanneer ontbossing deur menslike ingryping veroorsaak word, het dit 'n reuse impak op die biodiversiteit van die gebied,Sten Nilsson, Do We Have Enough Forests? , American Institute of Biological Sciences, Maart 2001 en dit was al wêreldwyd die oorsaak van die uitwissing van sekere spesies. Wanneer groot stukke van die woude verwyder of verwoes word, het dit 'n negatiewe impak op die omgewing en veral die biodiversiteitsvlakke word ernstig daardeur benadeel. duimnael|Bome word onwettig afgekap in Madagaskar. In 2009 is die grootste gedeelte rooshout wat onwettig bekom is, na China uitgevoer. Aangesien reënwoude die mees diverse ekostelsels op die aarde is, Tropical rainforests – The tropical rainforest, BBC"Tropical Rainforest" . en ongeveer 80% van die wêreld se biodiversiteit in hierdie reënwoude gevind word, U.N. calls on Asian nations to end deforestation , Reuters, 20 Junie 2008"Rainforest Facts". lei die vernietiging en verwydering van hierdie belangrike areas tot 'n verswakte Tropical rainforests – Rainforest water and nutrient cycles , BBC omgewing met 'n verlaagde biodiversiteit.Rhett A. Butler, Primary rainforest richer in species than plantations, secondary forests, mongabay.com, 2 Julie 2007
Daar word bereken dat ons daagliks 137 plant-, dier- en insekspesies verloor weens die ontbossing van die reënwoude. Dit is ongeveer 50 000 spesies per jaar.Rainforest Facts. Soogdiere en voëls word ook slagoffers van die ontbossing en daar word elke jaar ten minste een spesie van soogdiere en een van voëls uitgewis.