Sridevi Kapoor, gebore as Shree Amma Yanger (* 13 Augustus 1963, Sivakasi, Tamil Nadu; † 24 Februarie 2018 in Doebai, Verenigde Arabiese Emirate) was 'n Indiese aktrise. Sy was een van die mees suksesvolle akteurs van die Indiese filmwêreld van die jare tagtig.
Loopbaan duimnael|280px|Sridevi met Madhuri Dixit, haar aartsvyand van die jare negentig Sridevi het haar loopbaan al in haar kinderjare begin. Sy het rolle in plaaslike Suid-Indiese films gespeel voordat sy rolle van heldinne in Bollywoodfilms begin vertolk. In haar vroeë jare het sy 19 maal saam met Jeentendra gewerk. Enkele van haar grootste suksesse is Nagina, Mr. India, Chaalbaaz en Chandni, films wat spesiaal vir haar geskryf is. Die hoogtepunt van haar loopbaan het met die film Lamhe gekom, die film is deur Yash Chopra geregisseer. Sridevi was lid van die bestuur van die Asiatiese Akademie vir film en televisie. Die Indiese regering het haar met die Padma Shri bekroon.
Persoonlike lewe Sridevi is op 2 Junie 1996 met Boney Kapoor getroud. Hulle het 2 dogters: Jhanvi en Khushi. Sy is op 24 Februarie 2018 in Doebai aan 'n hartstilstand oorlede.
Filmografie Julie (1975) Solva Sawan (1978) Himmatwala (1983) Justice Chowdhary (1983) Jaani Dost (1983) Kalakaar (1983) Sadma (1983) Akalmand (1984) Inquilaab (1984) Jaag Utha Insaan (1984) Naya Kadam (1984) Maqsad (1984) Tohfa (1984) Balidaan (1985) Masterji (1985) Sarfarosh (1985) Aakhree Raasta (1986) Aag Aur Shola (1986) Bhagwan Dada (1986) Dharam Adhikari (1986) Ghar Sansar (1986) Nagina (1986) Jaanbaaz (1986) Karma (1986) Suhagaan (1986) Sultanat (1986) Aulaad (1987) Himmat Aur Mehnat (1987) Nazrana (1987) Majaal (1987) Joshilay (1987) Jawab Hum Denge (1987) Mr India (1987) Sherni (1988) Ram Avtaar (1988) Waqt Ki Awaaz (1988) Sone Pe Suhagaa (1988) Chalbaaz (1989) Chandni (1989) Guru (1989) Gair Kanooni (1989) Nigahein (1989) Main Tera Dushman (1989) Banjaran (1991) Farishtay (1991) Pathar Ke Insaan (1991) Lamhe (1991) Khuda Gawah (1992) Heer Ranjha (1992) Aasman Se Gira (1992) Chandramukhi (1993) Gumrah (1993) Gurudev (1993) Roop Ki Rani Choron Ka Raja (1993) Chaand Ka Tukdaa (1994) Laadla (1994) Army (1996) Mr Bechara (1996) Judaai (1997) Kaun Sacha Kaun Jhootha (1997) Meri Biwi Ka Jawab Nahin (2004) Malini Iyer (2004-2005)(televisiereeks) English Vinglish (2012)
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1963 Kategorie:Indiese akteurs Kategorie:Sterftes in 2018