Shahid Kapoor (uitgespreek [ʃaːɦɪd̪ kəpuːr]; gebore 25 Februarie 1981), ook bekend as Shahid Khattar, is 'n Indiese akteur wat in Hindifilms verskyn. Die media verwys na hom as een van die mees aantreklike Indiese bekendes, en Kapoor is bekend vir sy gewildheid ten spyte van sy afwisselende loopbaan. Hy het eers romantiese rolle in films gespeel, maar kort daarna begin om rolle in aksiefilms en tragedies te vertolk. Hy is die ontvanger van verskeie pryse, waaronder twee Filmfare-pryse.
Eksterne skakels
Shahid Kapoor by die Internet-rolprentdatabasis
Kategorie:Indiese akteurs Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense