Marié Heese (* 27 September 1942–) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer.Cloete, T.T. (red.) Die Afrikaanse literatuur sedert sestig. Nasou Beperk. Eerste uitgawe, 1980. Gedurende haar loopbaan lewer sy nie net werke van letterkundige belang (Afrikaanse en Engelse romans) nie, maar skryf en vertaal ook verskeie kinder- en jeugverhale (ook in Afrikaans en Engels) en lewer bydraes tot blokboeke, bloemlesings en versamelbundels. Sy het ook haar eie rubriek op die webwerf LitNet.

Lewe en werk

Herkoms en vroeë lewe Marié Heese is op 27 September 1942 geboreKannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652-2004. Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria; Eerste uitgawe, 2005. as die dogter van Andries Blignault, opvoedkundige en later psigiater, en die skryfster Audrey Blignault. Sy word in Kaapstad groot en gaan skool by 'n Engelsmediumlaerskool waarna sy in 1959 matrikuleer aan Hoërskool Jan van Riebeeck.

Verdere studie en loopbaan Sy studeer verder aan die Universiteit van StellenboschDe Vries, Willem. Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2012/03/10/SK/14/MarieHeese.html waar sy in 1962 'n B.A.-graad behaal met Staatsfilosofie en Engels as hoofvakke, laasgenoemde slaag sy met onderskeiding. In 1963 verwerf sy haar B.A. Honneurs-graad in Engels met lof. Sy behaal ook 'n tweetalige diploma in drama aan die Akademie vir Dramakuns op Stellenbosch.Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/heesem.html

Op universiteit ontmoet sy Chris Heese van Durban, met wie sy in 1964 as 21-jarige in die huwelik tree. Hulle het drie kinders, Frederik Daniel (Fritz – gebore in 1967), Adré Elizabeth (gebore 1972) en Andries (gebore in 1972). Andries het sy eie lewe in 1999 geneem nadat hy aan depressie gely het.LitNet ATKV-Skrywersalbum 10 Mei 2014: http://www.litnet.co.za/mari-heese-1942/

Die egpaar gaan woon in Durban, waar Chris onderwyser is. Sy aanvaar 'n pos as lektrise in Engels aan die Durbanse Onderwyskollege, wat sy vir drie jaar beklee. Sy gee ook klas aan die Durban Universiteitskollege, later die Universiteit van Durban-Westville. Terwyl die kinders klein is, behartig sy vir sewe jaar lank 'n boekerubriek vir Die Huisvrou en sy skryf ook bydraes vir die destydse Sarie Marais. In 1974 vestig die gesin hulle op Empangeni, waar sy hoofsaaklik die kinders grootmaak. In hierdie tyd aanvaar sy tydelik 'n pos as lektrise in Afrikaans aan die Universiteit van Zoeloeland en gee ook vir 'n rukkie onderwys in Engels en Afrikaans aan die Hoërskool Empangeni. Sy skryf ook in by die Universiteit van Suid-Afrika en behaal 'n Hoër Onderwysdiploma in voordrag en drama. Hulle trek dan na Richardsbaai, waar Chris hoof word van Richardsbaai Hoërskool en Marié onderwys gee aan die Richardsbaai Laerskool. Vanaf Januarie 1979 tot November 1983 dien sy as kommandante van die Richardsbaai Voortrekkers en die Orde van die Wawiel word aan haar toegeken.

Wanneer Chris later 'n pos in die Departement van Onderwys en Kultuur aangebied word, trek die gesin na Pretoria. Hier aanvaar sy vir ses maande 'n tydelike pos as lektrise aan die Universiteit van Pretoria, waarna sy as dosent in Engels by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) aansluit, 'n pos wat sy twee jaar lank beklee. Sy studeer verder en behaal 'n M.A.-graad in Engels met lof oor die onderrig van lees binne afstandsonderrig. Ná twee jaar sluit sy aan by Unisa se Buro vir Universiteitsonderrig, waarvan sy later Direkteur word, 'n pos wat sy tot met haar aftrede in 1999 beklee. Sy behaal in hierdie tyd 'n D.Litt. et Phil.-graad (waarvoor die Bradlow-beurs aan haar toegeken word) oor die taak van lees met 'n proefskrif oor Facilitating English reading competence through text analysis. In 1995 onderneem sy 'n lang studiereis na Amerika om navorsing te doen oor studente-ondersteuning. Daarna woon sy ook die internasionale Improving university teaching and learning konferensie in Hongkong by, waar sy 'n aanbieding gee en ook die Kantonnese tak van die Chinese Radio and Television University besoek.

Ná vervroegde aftrede in 1999 is sy 'n konsultant vir Readucate Trust, 'n internasionale organisasie wat hulle ten doel stel om geletterdheid te bevorder en veral aktief is in gevangenisse van Suid-Afrika. Die Noord-Kaapse Departement van Opvoedkunde stel haar in 2003 aan om 'n reeks werkswinkels aan onderwysers aan te bied, getiteld The magic of poetry: teaching for understanding and appreciation. In 2008 word sy aangestel as lid van die Konvokasie en die Raad van die Universiteit Stellenbosch. Sy bedankGerber, Jan: Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2009/09/12/B1/2/BOLjgHeeseBedank_1905.html in 2009 uit hierdie RaadGerber, Jan: Skrywer Marié Heese bedank by Maties-raad oor Afrikaans. Beeld, 12 September 2009. uit protes teen die manier waarop die taalbeleid aan die universiteit toegepas word, veral omdat Engels afgedwing word op Afrikaanse studente. Sy is oortuig dat die grootste benadeeldes van hierdie kortsigtige taalbeleid anderskleuriges is, veral bruin Suid-Afrikaners.

Persoonlike lewe Marié en haar man is geesdriftige reisigers wat die meeste lande in Wes-Europa en ook Brittanje, Amerika, China, Israel, Turkye en Egipte al besoek het.Botha, Amanda. Egipte se vrou-koning. By, 13 Junie 2009. Die eerste ses maande van 2001 bring hulle in Eritrea deur, waar hulle die ministerie van gesondheid gehelp het om 'n afstandopleidingsentrum vir verpleegstudente op die been te bring. In 2007 bied sy 'n driedaagse oriënteringskursus in Ethiopië aan vir voornemende M.B.L. studente. Sy dien ook as eksterne eksaminator vir verskeie universiteite se studente in Engels, Linguistiek en Opvoeding.

Na aftrede verhuis sy en haar man na Stilbaai. Hier beywer sy haar daarvoor dat die werkersbuurt se laerskool, Melkhoutfontein Primêre Skool, ʼn eie biblioteek kry. Die egpaar koop ook 'n blyplek op Vanwyksvlei. Sy is 'n assessorlid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en was ook 'n lid van die destydse Skrywersgilde. In haar vrye tyd behartig sy op LitNet die blog Marie Heese is boekdol, waarin sy kommentaar lewer oor boeke, lees en skryf.

Skryfwerk

Afrikaans Haar grootwordjare in 'n skrywershuis leer haar reeds jonk om die mooi woord te waardeer en op tienjarige ouderdom verskyn haar eerste werk, 'n Engelse gedig, in Die Huisvrou. Reeds op universiteit op Stellenbosch waag sy haar hand aan 'n roman, maar dit slaag nie omdat sy nog nie gereed is vir hierdie uitdagende genre nie. In 1967 is haar ouers betrokke in 'n ernstige motorongeluk, waarin haar vader op slag dood is en haar moeder vir lank in 'n koma is. Die tydskrif Sarie versoek haar om die gereelde rubriek wat haar moeder vir die tydskrif gedoen het, oor te neem, wat sy dan ook vir geruime tyd doen. 'n Keur uit hierdie rubrieke word later gepubliseer as Tokkelspel, wat handel oor die daaglikse wel-en-wee van die huisvrou en moeder, asook haar jeugherinneringe en studentedae. Deurgaans spot sy fyn met klein menslike swakhede, terwyl sy ook die humor in selfs die klein rampe wat die mens tref, kan sien.

Romans Die uurwerk kantelBrink, André P.: Rapport, 31 Oktober 1976. Louw, Anna M.: Beeld, 18 Oktober 1976.Viljoen, Louise. Beeld, 24 Julie 2006. is 'n kroniekroman wat die familiegeskiedenis van 'n vrouSteenberg, Elsabe: Die uurwerk kantel. Blokboek 32. Academica. Pretoria en Kaapstad, derde druk, 1986. (Maria du Preez, gebore Celliers) oor vier geslagte heen teken (vanaf 1897 tot 1972) teen die agtergrond van verskeie historiese gebeurtenisse oor hierdie tyd, soos die Anglo-Boereoorlog en die wêreldoorloë.Roos, Henriette. ’Die uurwerk kantel’ van Marié Heese. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 17 no. 4, November 1979. Deur die verhaalgebeure belig die skrywer hoe die brose maar morele mens ondanks terugslae bereid bly om diens te lewer en die geloof behou dat uit verwoesting iets goeds gebore sal word, met die fokus veral wat dit beteken om vrou te wees teen die agtergrond van die Suid-Afrikaanse geskiedenis.Steenberg, Elsabe: Die uurwerk kantel. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 21 no. 1, Februarie 1983. Die titel verwys na 'n versreël in die gedig Suiwer Wiskunde van N.P. van Wyk Louw, wat die implikasie het dat tyd opgehef word. In die konteks van die roman impliseer dit dat die verlede net so werklik is as die hede. Die roman word in vier dele opgedeel, wat almal na 'n tydvak in die lewe van die hoofkarakter, Maria Celliers, verwys. Die eerste deel strek vanaf 1897, toe Maria vyf jaar oud was, tot 1913 en haar mondigwordingsjaar, wanneer sy met Willem du Preez trou. Hierdie deel bevat dan haar jeug met haar kinderjare op die Bolandse wynplaas, haar skool- en universiteitsjare. Die jare tussen 1915 en 1921 is die geboorte van al vier haar kinders, elkeen onder dramatiese omstandighede, terwyl sy ook die dood van haar vader, 'n dogtertjie en tante Charlotte moet verwerk – hierdie deel dan uitbeelding van haar as vrou en haar moederskap. Die derde deel is die periode tussen 1939 en 1949, wanneer lands- en wêreldgebeure 'n groot rol speel en Maria en Willem reeds middeljarig is met die kinders uit die huis. In 1972, met die afsluiting van die roman, word die gedagtestroom van die ou vrou in haar laaste dae op aarde weergegee. Hierdie roman word ook vir die verhoog verwerk en onder andere by die KKNK van 2003 en die WoordfeesPople, Laetitia: Die Burger aangebied en oor die radio voorgelees. Die biblioteekgebruikers van die Wes-Kaap wys die boek aan as een van die beste honderd boeke van die twintigste eeu. Oor 26 jaar is dit gereeld vir skole voorgeskryf.

Tyd van beslissingRoos, Henriette: Standpunte. Nuwe reeks 179, Oktober 1985. Snyman, Henning: Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 22 no. 4, November 1984. is 'n aktualiteitsroman wat vryheid teenoor gebondenheid en die keuse tussen persoonlike gewin teenoor algemene belang stel. Die gebeure strek rondom Kersfees, wanneer 'n terroriste-invalsgroep (insluitende lede van die Palestynse Bevrydingsbeweging) die strandhuis van die Suid-Afrikaanse Minister van Binnelandse Sake beset, waar hulle die Eerste Minister se enigste dogter, 'n groep Israeli kabinetslede en ander Suid-Afrikaners as gyselaars aanhou. Hulle eise wentel rondom hoe hulle wil hê die Suid-Afrikaanse regering se binnelandse en buitelandse beleid moet ontplooi. Soos die titel aandui, speel die besluite wat mense in hierdie krisissituasie maak die vernaamste bestanddeel van die intrige. Die Eerste Minister moet byvoorbeeld 'n keuse maak tussen sy persoonlike belange en dié van die staat. Die konfliksituasie openbaar die persoonlikheid van elke individu, terwyl die karakters in die aangesig van die dood gedwing word om selfondersoek te doen en te besin oor wat werklik belangrik is. Hierdie boek is vir skole voorgeskryf.