Die groenkopwielewaal is 'n seldsame, gelokaliseerde standvoël.
Identifikasie Sy groen rugkant, kop en keel en sy geel kraag en onderkant onderskei hom van die ander wielewale. Jonges is liggeel van onder, met 'n ligter groen kop. Die voël word 24 cm lank.
Habitat
Verspreiding Dit word in Suider-Afrika slegs in die bergwoude van die Gorongosaberg in Sentraal-Mosambiek aangetref.
Geluid Sy geroep klink baie soos die Swartkopwielewaal s'n, nl. 'n helder "fioee".
Ander name Engelse naam: Green-headed Oriole Wetenskaplike naam: Oriolus chlorocephalus
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Newman se Voëls van Suider-Afrika,
Kategorie:Wielewale