Die Europese wielewaal is 'n groterige sangvoël wat in Eurasië broei, en in Afrika suid van die Sahara oorwinter. In Suider-Afrika kom hulle ylverspreid as enkelinge voor. In Engels staan dit as die European golden oriole bekend.
Identifikasie duimnael|links|Mannetjie in 'n lukwartboom, Italië duimnael|links|Die volwasse en onvolwasse mannetjie, geïllustreer deur C.G. Finch-Davies Die voël is 24 cm (22-25 cm) in lengte. Die mannetjie se swart vlerke onderskei hom van die Afrikaanse wielewaal se mannetjie; die wyfies en jonges lyk eenders. Daar is altyd meer wyfies en jonges as mannetjies.
Gedrag Dit voed op groot ongewerweldes (insekte en hul larwes) en sappige bessies en vrugte. Hulle bou hul neste hoog in boomtoppe.
Habitat In Afrika hou hulle een-een in breëblaar-boomveld, gemengde bosveld, oewerbos en verskeie ander digbeboste habitats, insluitend aanplantings van uitheemse bome. In Eurasië bewoon hulle oop bladwisselende woude en mosaïekhabitatte in vlaktes en heuwels, boorde, tuine en parke. Die Europese bevolking toon 'n effense afname. In Serwië waar die bevolking aan die afneem is, is die getal broeipare op 80 000 tot 120 000 geraam. (Puzović et al 2003)
Verspreiding Die spesie kom ylverspreid oor groot dele van die Suider-Afrikaanse binneland voor. In die broeityd word dit wydverspreid in die grootste deel van Europa en Klein-Asië gevind, met die uitsondering van die Skandinawiese Skiereiland en die Britse Eilande. Dit is ook in dele van die Midde-Ooste, Sentraal-Asië en Noordwes-Afrika aanwesig.
Geluid Uiter 'n welluidende "wieela-wioee", wat selde gehoor word, asook die skor alarmroep van al die wielewale.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika,
Kategorie:Wielewale