Die swartkopwielewaal is 'n sangvoël en algemene standvoël in Oos- en Suidelike Afrika. Dit is 'n aanpasbare spesie wat in verskillende boomryke omgewings aangetref word.

Identifikasie Die swartkopwieliewaal word aan sy swart kop en pienk snawel uitgeken; in teenstelling met die swartkeelgeelvink wat 'n swart snawel het. Die geslagte lyk eners en het 'n gemiddelde lengte van 25 cm.

Habitat Hierdie voëls kom een-een of in pare voor in klam, goed ontwikkelde bosveld of gemengde bosveld, oewerbos en uitheemse bome. Hulle is lawaaierige, opvallende voëls wat die droë sentrale en westelike streke van Suider-Afrika vermy.

Verspreiding Kom voor in die suidelike dele van die Wes-Kaap en Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, eSwatini, Mpumalanga, Limpopoprovinsie, Mosambiek, Zimbabwe, die noordoostelike deel van Botswana, die Caprivistrook en die noordelike deel van Namibië.

Geluid Sy gewone geroep is 'n helder "fioee"; uiter ook 'n skor alarmroep "tjurr".

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Newman se Voëls van Suider-Afrika;

Kategorie:Wielewale