Die Afrikaanse wielewaal is 'n skaars somerstandvoël.

Identifikasie Die mannetjie is die geelste onder die wielewale, met 'n duidelike swart streep wat deur sy oë tot by sy oordekvere strek. Jonges het ook 'n swart oogstreep. Die wyfie is nie so helder soos die mannetjie nie, met 'n groener rugkant en 'n bleker onderkant. Hulle word tot 24 cm lank.

Habitat Die voël kom oral in goed ontwikkelde boomveld of oewerbos voor.

Verspreiding In Suid-Afrika kom hulle slegs in die noordelike gedeeltes van die Krugerwildtuin en Limpopoprovinsie voor. Verder strek die verspreiding oor die noordelike deel van Mosambiek, die hele Zimbabwe, die noordoostelike Botswana, die Caprivistrook en noordelike deel van Namibië.

Geluid Hul helder fluite "wiee-er-er-woel" of "fiee-joee-fiee-joee-fiee-joee" is langer as die swartkopwielewaal s'n.

Ander name Engelse naam: African Golden Oriole Wetenskaplike naam: Oriolus auratus

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronne Newman se Voëls van Suider-Afrika,

Kategorie:Wielewale