Winona Ryder (gebore as Winona Laura Horowitz; 29 Oktober 1971) is ’n Amerikaanse aktrise. Sy is een van die mees winsgewende en ikoniese aktrises in Hollywood.
Loopbaan duimnael|links|160px|Ryder in 2008.
Sy het haar rolprentdebuut in 1986 in Lucas gemaak en in 1988 algemene lof en erkenning gekry vir die rol van Lydia Deetz, ’n goth-tiener in Beetlejuice. Ná verskeie ander rolle in flieks en op televisie, het Ryder in die kultusfliek Heathers (1988) gespeel. Later was sy in Mermaids (1990), waarvoor sy ’n Golden Globe-benoeming gekry het, Edward Scissorhands (1990) en Bram Stoker's Dracula (1992).
In 1993 het sy ’n Golden Globe vir beste vroulike byspeler gewen en ’n Oscar-benoeming gekry vir haar spel in The Age of Innocence, en in 1994 ’n Oscar-benoeming vir beste aktrise vir Little Women. Sy was ook te sien in Reality Bites (1994), Alien: Resurrection (1997), Celebrity (1998) en Girl, Interrupted (1999), waarvan sy ook die uitvoerende vervaardiger was. In 2000 het sy ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry.
In 2002 was sy in die lokettreffer Mr. Deeds saam met Adam Sandler en in 2010 het sy in Star Trek gespeel. In 2010 is sy benoem vir twee Screen Actors Guild Awards: vir When Love Is Not Enough: The Lois Wilson Story en Black Swan.
Persoonlike lewe Ryder het baie aandag in die media getrek met haar persoonlike lewe, onder meer haar verhouding met Johnny Depp in die vroeë 1990's en haar inhegtenisneming in 2001 vir winkeldiefstal. Sy was ook openlik oor haar stryd teen angs en depressie.
Verwysings
Eksterne skakels
Winona Ryder by TV.com
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu