Die Ouwêreldse wielewale (Oriolidae) is 'n Ouwêreldse familie van sangvoëls. Die familie bevat 41 spesies wat in 4 genera onderverdeel word. Die familie sluit twee Nieu-Seelandse spesies in wat in die 20ste eeu uitgesterf het, en dié omvat die genus Turnagra. Hulle is insek- en vrugtevretende voëls wat geel, groenerig of bruin geveerd is en dikwels pienk snawels het. Hulle boer meestal in die blaarkrone van groot bome, en hul fluitroepe is helder en welluidend.
Taksonomie en sistematiek Die familie Oriolidae omvat die piopios (uitgestorwe), vyvreters, pietohoeis en die (Ouwêreldse) wielewale. Die piopios is in 2011 by die familie gevoeg, nadat hulle voorheen as lede van die Turnagridae gereken is. Verskillende bykomende genera is al voorgestel om die genus Oriolus verder te verdeel. Aldus word die Swartkopwielewaal van Afrika soms in sy eie genus, Baruffius, geplaas. Die familie is nie naverwant aan die Nuwewêreldse wielewale nie. Desondanks hul vergelykbare liggaamsgrootte, dieet, gedrag en kontrasterende veerpatrone, word hierdie ooreenkomste eerder aan konvergente evolusie toegeskryf.
Oorlewende genera Daar is drie oorlewende genera in die familie Oriolidae:
Beeld Genus Spesie Sphecotheres – vyvreters drie spesies Pitohui – pietohoeis vier spesies Oriolus – wielewale drie en dertig spesies waaronder vier Suider-Afrikaanse spesies: O. auratus Vieillot, 1817 — Afrikaanse wielewaal O. oriolus (Linnaeus, 1758) — Europese wielewaal O. chlorocephalus Shelley, 1896 — Groenkopwielewaal O. larvatus Lichtenstein, 1823 — Swartkopwielewaal
Galery
Suid-Afrikaanse voëls Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika