Die withalskraai is 'n algemene, gelokaliseerde standvoël.
Identifikasie Slegs sy agterkop is wit; verder is hy pikswart met 'n baie stewige snawel.
50–54 cm
Habitat Hou veral in bergstreke, maar swerf ver op soek na kos. 'n Vrypostige soort wat feitlik enigiets vreet en dikwels by karkasse gesien word. Soek gewoonlik een-een kos, maar kom soms in swerms saam by 'n goeie voedselbron.
Verspreiding Wes- en Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Lesotho, Eswatini, Mpumalanga, die oostelike dele van Limpopo en Zimbabwe en die westelike- en noordelike dele van Mosambiek.
Geluid Sy geroep is 'n falsetto "kraak" alhoewel hy soms ook dieper note laat hoor.
Ander name Engels: "White-necked Raven" Wetenskaplike naam: Corvus albicollis
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. Newman se Voëls van Suider-Afrika; .
Kategorie:Kraaie