Die huiskraai is standvoël uit Asië wat na Afrika uitgevoer is en oor die algemeen gelokaliseerd geraak het.
Identifikasie Dit het geen wit in sy veredrag nie. Kleiner as die Swartkraai, met 'n grys agterkop, mantel en bors. Die voël het 'n gemiddelde lengte van 43 cm.
Habitat Is geheel en al van die mens afhanklik.
Verspreiding Oorspronklik te vinde in Indië, Pakistan, Sri Lanka, Maldive- en Lakkadive-eilande, Suidwes Thailand, suidelike kusstreke van Iran.
Ook ingevoer na Oos-Afrika in die omgewing van Zanzibar, Port Sudan, Maputo, Inhaca-eiland, Durban en Oos-Londen. Dit word ook in Kaapstad en Rotterdam aangetref.
Geluid Uiter 'n skril "kwaa, kwaa".
Ander name Wetenskaplike naam: Corvus splendens
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika;
Kategorie:Kraaie