duimnael|Corvus albus duimnael|Clamator glandarius + Corvus albus
Die witborskraai is 'n algemene, wydverspreide standvoël. Dit is 'n vrypostige voël wat gewoonlik in bewoonde gebiede voorkom waar hulle stukkies weggooikos soek.
Identifikasie Die voël word aan sy wit bors en kraag uitgeken, en word 46–52 cm groot.
Habitat Hulle word veral by vullishope, piekniekterreine, langs hoofpaaie en by landerye gesien. Boer meestal in los swerms en oornag dikwels in groot getalle saam.
Verspreiding Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en die hele Suid-Afrika, met uitsondering van die Kalahari en die noordelike dele van die Vrystaat.
Geluid Uiter 'n harde "kwaak".
Ander name Engels: "Pied crow" Wetenskaplike naam: Corvus albus
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys Newman se Voëls van Suider-Afrika; .
Kategorie:Kraaie Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin