Die maskering-klipkabeljou (Epinephelus polyphekadion) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Stille Oseaan area, die Rooisee en langs die ooskus van Afrika tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Marbled rockcod.
Identifikasie Die vis word tot 65 cm lank. Twee kenmerke van die vis is 'n swart vlek op die basis van die stertvin en twee swart kolletjies op die punt van die snoet van die vis. Die kop en lyf is ligbruin van kleur en bedek met onreëlmatige, groot bruin vlekke. Die hele vis is ook oortrek met klein, bruin kolletjies. Die vis leef in koraalareas van tropiese mere en beskutte riwwe in water wat 3 tot 50 m diep is. Hulle vreet hoofsaaklik skaaldiere en soms ander vis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Verwysings
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Epinephelus-polyphekadion.html
Kategorie:Beenvisse