Lowepro is 'n vervaardiger van en handelsmerk vir sakke waarin kameras, skootrekenaars, fotografiese toebehore en ander draagbare verbruikerselektronika gebêre kan word. Die onderneming het sy hoofkwartier in Petaluma, Kalifornië en maak deel uit van DayMen Canada Acquisition ULC, 'n onderneming wat deur die privaat maatskappy Brockway Moran & Partners besit word.
Die onderneming het reeds in die 1960's bekendheid verwerf met 'n reeks innovasies op die gebied van toebehore vir voetslaners, amateur- en professionele fotograwe, soos die eerste rugsak met binneraam vir voetslaners in 1967 en die eerste sagte kamerasakkie in 1968.
Lowepro het tans filiale in Australië, Duitsland, Frankryk, Kanada, Switserland en die Verenigde Koninkryk.
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Kategorie:Amerikaanse maatskappye