Clinton "Clint" Eastwood jr. (gebore op 31 Mei 1930) is ’n Amerikaanse akteur, rolprentvervaardiger, regisseur, musikant en politieke figuur wie se loopbaan oor meer as ses dekades strek.
Vroeë lewe Eastwood is gebore op 31 Mei in San Francisco, die seun van Clinton Eastwood Sr. (1906–1970) en Ruth (Runner) Wood (1909–2006).
Eastwood het 'n aantal beroepe probeer, waaronder as lewensredder, papierdraer, kruidenierswinkel, boswagter en gholfkaddy.Eliot, p. 17
Loopbaan Hy het in die 1960's bekend geraak vir sy rol as die Man Sonder Naam in die Dollars-trilogie en in die 1970's en 1980's as die antiheld-polisieman Harry Callahan in die vyf Dirty Harry-rolprente. Dié en ander rolle het hom ’n toonbeeld van manlikheid gemaak.
duimnael|links|280px|Eastwood as die Man Sonder Naam in A Fistful of Dollars (1964). Vir sy western Unforgiven (1992) en sportdrama Million Dollar Baby (2004) het Eastwood Oscars gewen vir beste regisseur en beste prent, en het hy benoemings gekry vir beste akteur. Sy grootste kommersiële sukses was die avontuurkomedie Every Which Way but Loose (1978) en die opvolg, Any Which Way You Can (1980), ná inflasieaanpassings. Ander gewilde prente sluit in die western Hang 'Em High (1968), die sielkundige riller Play Misty for Me (1971), die misdaadprent Thunderbolt and Lightfoot (1974), die western The Outlaw Josey Wales (1976), die tronkfliek Escape from Alcatraz (1979), die spanningsprent Tightrope (1984), die western Pale Rider (1985) en die romantiese drama The Bridges of Madison County (1995).
Benewens die regissering van prente waarin hy die hoofrol gespeel het, was hy ook die regisseur van prente waarin hy nie verskyn het nie, soos die raaiseldrama Mystic River (2003) en die oorlogsprent Letters from Iwo Jima (2006), waarvoor hy Oscar-benoemings gekry het, en die drama Changeling (2008). Die oorlogsdrama American Sniper (2014) het die meeste geld nog gemaak van ’n Januarie-uitreiking en was ook die grootste opening van ’n Eastwood-fliek. In Frankryk, waar sy prente baie gewild is, het hy in 1994 ’n "Commandeur" van die "Ordre des Arts et des Lettres" geword en in 2007 het hy die "Légion d'honneur"-medalje ontvang. In 2000 het hy die Goue Leeu op die Venesiese Rolprentfees gekry vir sy lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf.
Politiek Van 1986 tot 1988 was Eastwood die onpartydige burgemeester van Carmel-by-the-Sea in Kalifornië.
Filmografie Eastwood het bygedra tot meer as 50 films oor sy loopbaan as akteur, regisseur, vervaardiger en komponis. Hy het in 1971 begin werk as regisseur.
Vervaardiger of regisseur Play Misty for Me High Plains Drifter Breezy The Eiger Sanction The Outlaw Josey Wales The Gauntlet Every Which Way but Loose Bronco Billy Firefox Honkytonk Man Sudden Impact Tightrope Pale Rider Heartbreak Ridge Bird Thelonious Monk: Straight, No Chaser White Hunter Black Heart The Rookie Unforgiven A Perfect World The Bridges of Madison County The Stars Fell on Henrietta Absolute Power Midnight in the Garden of Good and Evil True Crime Space Cowboys Blood Work Mystic River Million Dollar Baby Flags of Our Fathers Letters from Iwo Jima Changeling Gran Torino Invictus Hereafter J. Edgar Trouble with the Curve Jersey Boys American Sniper Sully Indian Horse The 15:17 to Paris The Mule
Verwysings
Eksterne skakels
Clint Eastwood in die Los Angeles Times
Kategorie:Amerikaanse burgemeesters Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse vlieëniers Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse filantrope