Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Wallies.

Die Walliesers (Engels: Welsh people, Wallies: Cymry) is 'n Keltiese nasie en etniese groep inheems aan Wallis en die omliggende eilande wat met die Walliese taal verband hou. Dié taal is histories in die hele Wallis gepraat, met sy voorganger Oud-Brits wat in die grootste deel van die Britse vasteland gepraat is. Terwyl Wallies die oorheersende taal in sekere gebiede van Wallis gebly het, is Engels die oorheersende taal in die meeste gebiede van dié land.

John Davies beweer dat die oorsprong van die "Walliese nasie" teruggevoer kan word tot die einde van die 4de en vroeë 5de eeu, na die onttrekking van die Romeine uit Groot-Brittanje, Davies, John (1994) A History of Wales. Penguin: bl. 54; . hoewel Kelties-Britoniese tale vermoedelik heelwat vroeër in Wallis gepraat is. Die term Walliesers verwys na Wallis se bevolking en mense van Walliese afkoms wat 'n kulturele erfenis en voorvaderlike oorspronge deel. The Welsh people: chapters on their origin, history and laws by Sir John Rhys, Sir David Brynmor Jones. 1969 Vandag is Wallis een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk en die meerderheid van die mense wat in Wallis leef is Britse burgers.

In opdrag van die Walliese regering is die verspreiding van die Walliese vanne ondersoek, wat getoon het dat 718 000 mense, of omtrent 35% van Wallis se bevolking, oor 'n van met Walliese oorsprong beskik, in vergelyking met 5,3% in die res van die Verenigde Koninkryk, 4,7% in Nieu-Seeland, 4,1% in Australië en 3,8% in die Verenigde State. Sowat 16,3 miljoen mense in die lande wat ondersoek is, is ten minste van gedeeltelike Walliese afkoms. Volgens die sensus van 2011 woon meer as 300 000 Walliesers in Londen, waarvan 1 310 Wallies praat.

Sien ook Walliesers in Argentinië

Verwysings

Bronne 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Argentinië Kategorie:Etniese groepe in Australië Kategorie:Etniese groepe in Kanada Kategorie:Etniese groepe in Nieu-Seeland Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde Koninkryk Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Kelte