Dame Angela Brigid Lansbury, DBE (16 Oktober 1925 tot 11 Oktober 2022) was ’n Brits-Iers-Amerikaanse aktrise en sangeres wat in die teater, op televisie en in rolprente te sien was. Haar loopbaan strek oor sewe dekades en sy het internasionaal beroemd geraak.

Haar eerste rolprentrolle was in Gaslight (1944) en The Picture of Dorian Gray (1945). In die musiekteater het sy in 1966 bekend geraak vir haar hoofrol in die Broadway-musiekstuk Mame, waarvoor sy ’n rits pryse gewen het. Sy sal ook veral onthou word vir die TV-reeks Murder, She Wrote (1984–1996).

Lansbury het ’n ere-Oscar gekry en het vyf Tony's, ses Golden Globes en ’n Olivier-prys gewen. Drie biografieë is oor haar geskryf.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Britse akteurs Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 2022 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Engelse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Engelse aktrises van die 21ste eeu