Die Severn (Wallies: Afon Hafren), in Engels dikwels ook die River Severn genoem, is met sowat 354 km die langste rivier in Engeland en Wallis. Dit ontspring naby die dorpie Llanidloes teen 'n hoogte van 610 m op die Plynlimon, die hoogste bergtop in die Kambriese Gebergte van Sentraal-Wallis, en digby die grens tussen die graafskappe Ceredigion en Powys. duimnael|links|River Severn in Bewdley, Worcestershire duimnael|links|Twee narrowboats, tradisionele Engelse kanaalbote, in Northwick Marina, Worcester. Die Verenigde Koninkryk se uitgebreide kanaalnetwerk vorm die basis vir 'n florerende rivierboot-vakansiebedryf duimnael|links|'n Baggerboot buite die stoorhuis Llanthony Warehouse in Gloucester wat tans die National Waterways Museum huisves duimnael|links|'n Nagtelike uitsig oor die Gloucester Docks. Die stoorhuise in Gloucester se rivierhawe is omgeskep tot woonstelgeboue duimnael|links|Brûe oor die Severn Estuary, die magtige Severnmonding duimnael|links|Severnmonding: Uitsig oor die eiland Steep Holm vanuit Clevedon, 'n kusdorpie in Somerset Die Severn vloei daarna deur Shropshire, Worcestershire en Gloucestershire, met die county towns of administratiewe setels Shrewsbury, Worcester en Gloucester langs sy oewer. Vanaf die motorbrug Second Severn Crossing tussen Severn Beach in Suid-Gloucestershire en Sudbrook in Monmouthshire word na die rivierloop algemeen as die Severnmonding (Severn Estuary) verwys. Die rivier mond daarna in die Kanaal van Bristol uit wat op sy beurt deel uitmaak van die Keltiese See en sodoende die wyer Atlantiese Oseaan.

Die Severn het 'n opvanggebied van 11 419 km2, met die Vyrnwy, Clywedog, Teme, Warwickshire Avon en Stour as sy belangrikste takriviere. 'n Gemiddelde afloop van 107 m³/s naby Apperley in Gloucestershire maak van die Severn die grootste rivier in Engeland en Wallis ten opsigte van watervloei.

Eksterne skakels Algemene inligting

Sabrinaboat.co.uk: River Severn Fact File: Geography in Action Watersport en navigasie

Canal & River Trust: River Severn Navigation

Kategorie:Riviere in Engeland Kategorie:Riviere in Wallis