Ethan Green Hawke (gebore 6 November 1970) is ’n Amerikaanse akteur, skrywer en regisseur. Hy is vir vier Oscars benoem as beide akteur en skrywer, asook ’n Tony. Hy was die regisseur van twee rolprente, drie Off-Broadway-toneelstukke en ’n dokumentêr, en het die romans The Hottest State (1996) en Ash Wednesday (2002) geskryf.
Hawke het sy rolprentdebuut in 1985 gemaak in die wetenskapsfiksieprent Explorers, en bekend geraak ná sy verskyning in die drama Dead Poets Society (1989).
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1970 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu