Shahabuddin Muhammad Shah Jahan (15 Januarie 1592 – 31 Januarie 1666, Oerdoe: شہاب الدین محمد شاہجہاں) was van 1628 tot 1658 die vyfde Mogol-Keiser van Indië. Hy is gebore as prins Khurram, die seun van keiser Jahangir en sy Hindoe-Rajput vrou, Taj Bibi Bilqis Makani (13 Mei 1573 – 18 April 1619). Hy word as een van die grootste Mogole beskou en sy regerende tydperk word as die goue era van die Mogolryk se argitektuur beskryf. Om die rede het hy baie monumente opgerig, een hiervan is die beroemde Taj Mahal, die mausoleum van sy mees geliefde vrou, Mumtaz Mahal.
Kategorie:Indiese monarge Kategorie:Geboortes in 1592 Kategorie:Sterftes in 1666