Nur Jahan (Persies: نور جهان‎‎; Oerdoe: نور جهاں; Pasjtoe: نور جہاں‎; alternatiewe spellings, Noor Jahan, Nur Jehan, ens.; 31 Mei 1577 – 17 Desember 1645) gebore as Mehr-un-Nissa, was die keiserin van die Mogolryk van Indië. Sy was die mees geliefde vrou van die Mogol-keiser Jahangir. Met haar skoonheid, intelligensie en sterk persoonlikheid word sy as een van die magtigste en invloedrykste vrouens van die 17de eeu beskou.

Kategorie:Indiese monarge Kategorie:Geboortes in 1577 Kategorie:Sterftes in 1645