Paul Lückhoff (1953 - 17 September 2024) was ’n Suid-Afrikaanse akteur van die verhoog, televisie en rolprente. Hy was lid van Swaruk en Sukovs voordat hy in 1981 by Kruik aangesluit het. In 1982 het hy vryskutwerk begin doen.Paul Lückhoff by The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 30 Januarie 2016

Hy is veral bekend vir sy rol van Saul in Dalene Matthee se Kringe in ’n Bos. Ander belangrike rolle was Elias in Fiela se Kind, die kultusleier Menasse in die sepie Egoli – Plek van Goud en Pop Benade in die rolprentweergawe van Triomf.

Loopbaan

Op die verhoog het hy opgetree in ’n Stryd met Engele, Atlantis! Atlantis!, Die Vasvat van ’n Feeks, Die Leeu in die Winter, Ek, Anna van Wyk, Die Koggelaar, Die Groot Wit Roos en Not With My Gun.

Op televisie was Lückhoff in Arsenaal (seisoen 1), oom Wimpie du Toit in Binnelanders (seisoene 8 tot 15), Felix Venter in Hopeville (seisoen 1), Dirk in Onder Draai die Duiwel Rond (seisoen 2) en Doc Botha in Plek van die Vleisvreters (seisoen 1).Paul Lückhoff by TVSA URL besoek op 30 Januarie 2016

Sy rolprentrolle sluit in generaal Andries Cronjé in Verraaiers, Frik de Klerk in Platteland, Harry Gouws in Stargazer, Felix Venter in Hopeville en Pietman in Broer Matie.

Pryse Lückhoff het ’n Dalro-prys gewen vir beste manlike byspeler in die toneelstuk Die Leeu in die Winter.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Sterftes in 2024