Mark Alan Ruffalo (geb. 22 November 1967) is ’n Amerikaanse akteur, vervaardiger, aktivis, regisseur en humanitaris. Hy het die rol van die Marvel Comics-karakter dr. Bruce Banner/die Hulk in 2012 in The Avengers en in 2015 in Avengers: Age of Ultron vertolk.
Vroeë lewe Ruffalo is in Kenosha, Wisconsin, gebore. Sy pa, Frank Lawrence Ruffalo jr., was ’n verwer en sy ma, Marie Rose Hebert, ’n haarkapper en stilis. Hy het twee susters, Tania en Nicole, en ’n broer wat in 2008 dood is. Sy pa is van Italiaanse afkoms en sy ma is half-Frans-Kanadees en half-Italiaans.
Ruffalo het homself al as ’n gelukkige kind beskryf, hoewel hy as kind en jong volwassene aan ongediagnoseerde disleksie en aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring (AGHS) gelei het. Hy het in Virginië grootgeword, waar sy pa gewerk het, en het op skool aan stoei deelgeneem. Hy het saam met sy gesin na San Diego in Kalifornië verhuis en daarna na Los Angeles. Hy was vir ’n paar produksies vir die Orpheus Theatre Company skrywer, regisseur en akteur en het amper ’n dekade lank as kroegman gewerk.
Loopbaan Ná die rol waarmee hy aandag getrek het in You Can Count on Me (2000), het hy in hoogs aangeskrewe prente verskyn soos Collateral (2004), Eternal Sunshine of the Spotless Mind (2004), Zodiac (2007) en Shutter Island (2010). Vir sy spel in The Kids Are All Right (2010) en Foxcatcher (2014) is hy benoem vir ’n Oscar en Golden Globe vir beste manlike byspeler. In 2015 het hy weer lof en verskeie benoemings gekry vir sy spel in Infinitely Polar Bear en Spotlight.
Vir televisie het hy ’n Screen Actors Guild-prys gewen en ’n Emmy- en Golden Globe-benoeming gekry vir The Normal Heart, wat hy ook vervaardig het.
Persoonlike lewe Ruffalo is sedert Junie 2000 getroud met Sunrise Coigney en hulle het drie kinders: die seun Keen (geb. 2001) en dogters Bella Noche (geb. 2005) en Odette (geb. 2007). Hulle woon in Manhattan.Ellis, Josh. "Mark Ruffalo's Good Life Formula: 3 Kids, 1 Rabbit, 47 acres, 2,764 Miles From Hollywood", Men's Journal. Junie 2013; URL besoek op 26 April 2015.
Ná die voltooiing van die prent The Last Castle in 2001 is Ruffalo gediagnoseer met ’n soort breingewas en is hy geopereer. Die gewas was goedaardig, maar het gelei tot ’n tydperk van gedeeltelike gesigsverlamming. Hy het van die verlamming herstel, maar is sedertdien doof in sy linkeroor.
Op 1 Desember 2008 is Ruffalo se broer, Scott, by sy huis in Beverly Hills geskiet. Volgens een berig was dit ’n skoot in ’n teregstellingstyl van agter in die kop. Hy is op 8 Desember dood. Die polisie het twee mense, ’n man en vrou, in hegtenis geneem. Die vrou se prokureur het vir die polisie gesê Scott Ruffalo het homself per ongeluk geskiet. Die vroulike verdagte is op 6 Januarie 2012 dood.
Politieke sienings Op 4 Oktober 2006 het hy op die daaglikse nuusprogram Democracy Now! verskyn en gepraat teen die oorlog in Irak, marteling en die administrasie van George W. Bush. Hy het op 14 Augustus 2008 op ’n program van Penn & Teller: Bullshit! verskyn met die titel "Wêreldvrede" en is ’n voorstander van keuses vir ’n mens. Hy het gesê hy wil nie hê die tyd moet teruggaan na waar vroue hul swangerskappe onwettig laat beëindig het nie.
Hy is ook ’n ondersteuner van LGBT-regte en is gekant teen hidrobreking (fracking). In 2008 het hy die bekendste teenstander daarvan geword nadat hy sy eie ondersoek oor die onderwerp gedoen het. Hy het in verskeie programme verskyn om daaroor te praat.Mark Ruffalo Speaks Out Against Fracking Practices on The Rachel Maddow Show , commondreams.org, 5 Oktober 2010. In 2014 het hy ’n rol in ’n dokumentêr gespeel oor die gevolge van ’n groot olielekking.
Filmografie 200px|duimnael|Ruffalo in 2012 op die Toronto-première van The Avengers.
Rolprente Jaar Titel Rol Notas 1992 Rough Trade Hank Kortfilm 1994 Mirror, Mirror 2: Raven Dance Christian 1994 There Goes My Baby J.D. 1995 Mirror, Mirror III: The Voyeur Joey 1996 The Destiny of Marty Fine Brett 1996 The Dentist Steve Landers 1996 Blood Money Attorney 1996 The Last Big Thing Brent Benedict 1998 Safe Men Frank 1998 54 Ricko 1999 How Does Anyone Get Old? Johnnie Kortfilm 1999 A Fish in the Bathtub Joel 1999 Ride with the Devil Alf Bowden 2000 You Can Count on Me Terry Prescott 2000Committed T-Bo 2001 The Last Castle Yates 2001 Apartment 12 Alex 2002 XX/XY Coles 2002 Windtalkers Weerman Pappas 2003 My Life Without Me Lee 2003 View from the Top Ted Stewart 2003 In the Cut Speurder Giovanni A. Malloy 2004 We Don't Live Here Anymore Jack Linden Ook uitvoerende vervaardiger 2004 Eternal Sunshine of the Spotless Mind Stan 2004 13 Going on 30 Matt Flamhaff 2004 Collateral Ray Fanning 2005 Just Like Heaven David Abbott 2005 Rumor Has It... Jeff Daly 2006 All the King's Men Adam Stanton 2007 Chicago 10 Jerry Rubin (stem) 2007 Zodiac Inspekteur Dave Toschi 2007 Reservation Road Dwight Arno 2008 Blindness Dokter 2008 What Doesn't Kill You Brian Reilly 2009 The Brothers Bloom Stephen 2009 Where the Wild Things Are Adrian 2009 Sympathy for Delicious Joe Ook regisseur en vervaardiger 2010 The Kids Are All Right Paul Hatfield 2010 Shutter Island Chuck Aule / dr. Lester Sheehan 2010 Date Night Brad Sullivan 2011 Margaret Gerald Maretti 2012 The Avengers Dr. Bruce Banner / die Hulk 2013 Thanks for Sharing Adam 2013 Iron Man 3 Dr. Bruce Banner Geen erkenning 2013 Now You See Me Dylan Rhodes 2013 Begin Again Dan Mulligan 2014 Infinitely Polar Bear Cam Stuart Ook uitvoerende vervaardiger 2014 Foxcatcher Dave Schultz 2015 Avengers: Age of Ultron Dr. Bruce Banner / die Hulk 2015 Spotlight Michael Rezendes 2016 Now You See Me 2 Dylan Rhodes
Televisie Jaar Titel Rol Notas 1989 CBS Summer Playhouse Michael Dunne Episode: "American Nuclear" 1994 Due South Vinnie Webber Episode: "A Cop, a Mountie, and a Baby" 1997 On the 2nd Day of Christmas Bert TV-fliek 1998 Houdini Theo TV-fliek 2000 The Beat Zane Marinelli 8 episodes 2008 Penn & Teller: Bullshit! Homself Episode: "Wêreldvrede" 2014 The Normal Heart Alexander 'Ned' Weeks TV-fliek; ook uitvoerende vervaardiger
Pryse Jaar Prys Werk2000 Boston Society of Film Critics Award vir beste akteur(3de plek)You Can Count on MeLos Angeles Film Critics Association New Generation AwardMontreal-rolprentfeesprys vir beste akteurNational Society of Film Critics Award vir beste akteur (2de plek)San Diego Film Critics Society Award vir beste akteur (2de plek)Southeastern Film Critics Association Award vir beste akteur (3de plek)Toronto Film Critics Association Award vir beste akteur (2de plek) 2009Sundance Film Festival Special Jury Prize Sympathy for Delicious2010 Boston Society of Film Critics Award vir beste akteur (2de plek) The Kids Are All RightNew York Film Critics Circle Award vir beste manlike byspeler 2012MTV Movie Award vir beste geveg The Avengers2014Emmy vir uitnemende TV-rolprent (medevervaardiger)The Normal HeartSatellite Award vir beste akteurScreen Actors Guild Award vir uitmentende spelHollywood Film Award vir beste spanFoxcatcherGotham Independent Film Jury Award 2015 Gotham Independent Film Awards vir beste span Spotlight Independent Spirit Award Satellite Award vir beste span
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Amerikaanse aktiviste Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu