Deepika Padukone (Konkani: दीपिका पडुकोण; gebore: 6 Januarie 1986) is 'n Indiese aktrise en model. As een van die mees gewilde en hoogsbetaalde Indiese filmpersoonlikhede volg sy 'n loopbaan in die Hindi-filmbedryf in Bollywood. Sy het ook verskeie Filmfare-toekennings ontvang.

Padukone is die dogter van die pluimbal-speler Prakash Padukone, sy is in Kopenhagen gebore en in Bangalore getoë.

Sy is ook uitgesproke met betrekking tot kwessies soos feminisme en depressie.

Eksterne skakels

Kategorie:Indiese akteurs Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense