230px Frank Gehry

Kanadees-Amerikaanse argitek

Gebore 28 Februarie 1929 in Toronto, Kanada

Oorlede 5 Desember 2025 in Santa Monica, Verenigde State

Skool Postmodernistiese argitektuur

Beduidende projekte Guggenheim-museum in Bilbao, Spanje

180px Walt Disney-konsertsaal, Los Angeles

Toekennings en pryse Pritzker-prys (VSA) in 1989 National Medal of the Arts (VSA) in 1998 American Institute of Architects Gold Medal in 1999 Frank Owen Gehry, gebore as Frank Owen Goldberg (* 28 Februarie 1929 in Toronto, Kanada; † 5 Desember 2025), was 'n Amerikaanse argitek wat internasionale bekendheid verwerf het met sy postmoderne, dikwels beeldhouagtige ontwerpe. Baie van sy werke, waaronder sy privaat woning (en eerstelingwerk) in die Suid-Kaliforniese kusdorp Santa Monica, het argitektoniese besienswaardighede van wêreldfaam geword soos die Guggenheim-museum in Bilbao, Spanje, en die Walt Disney-konsertsaal in die middestad van Los Angeles.

Gehry se gesin het hulle in 1947 in Los Angeles gevestig waar hy argitektuur aan die Universiteit van Suid-Kalifornië gestudeer het. Vervolgens het hy 'n akademiese opleiding in stadsbeplanning aan die Harvard-universiteit gevolg. Nadat hy vir 'n verskeidenheid ateljees werksaam was, het Gehry in 1962 sy eie onderneming, Frank O. Gehry & Associates, gevestig. Dit is in 2002 opgevolg deur Gehry Partners.

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse argitekte Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 2025 Kategorie:Kanadese Jode Kategorie:Amerikaanse Jode