Die bandiet-blennie (Omobranchus banditus) is 'n vis wat in die westelike Indiese Oseaan voorkom vanaf sentrale-Mosambiek tot by die Oos-Kaap. In Engels staan die vis bekend as die Bandit blenny.

Identifikasie Die vissie word tot 6 cm lank. Die blennie het kenmerkende donker bruin en ligte bruin breë vertikale strepe oor die lyf en sy kop. Daar is 'n donker kol bo die kieu-opening. Die hele lyf is bedek met klein wit kolletjies.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Reef fishes & corals – East coast of Southern Africa. Dennis King. Struik Nature. 1996 The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Omobranchus-banditus.html

Kategorie:Beenvisse