duimnael|270px|links|Die huidige kerk.

Die Gereformeerde kerk Standerton is op 6 Mei 1905 gestig en die vierde oudste van die 10 gemeentes in die GKSA se Klassis Piet Retief. Met 160 belydende en 34 dooplidmate einde 2015 was dit toe die derde grootste gemeente in dié Klassis. Vyf jaar vantevore was hier ook 160 belydende en 34 dooplidmate, maar in 1997 was dit onderskeidelik 239 en 138.

Die Standertonse wyke van die Gereformeerde kerk Heidelberg het op 8 Oktober 1904 ’n eie kerkgebou op Standerton in gebruik geneem. Ds. Martinus Postma het die hoeksteen gelê en agt maande later is die Gereformeerde kerk Standerton gestig. Hierdie kerkgebou het ná 65 jaar soveel opknapping gekort dat die kerkraad besluit het om dit te sloop en ’n nuwe gebou dieselfde plek op te rig.

Die nuwe kerk is, soos die oue, op een van die hoogste punte op Standerton gebou sodat dit van ver af sigbaar is. Ds. W. Venter het die hoeksteen op 21 Februarie 1970 gelê. Tydens die ingebruikneming op 15 Mei 1971 het prof. S. du Toit die diens gelei en ds. C.N. van der Merwe is terselfdertyd as predikant van die gemeente bevestig.

Predikante Rumpff, Derk, 1910 – 1913 (in kombinasie) Venter, Willem, 1953 – 1956 Van der Walt, Jan Hendrik, 1957 – 1959 Droomer, Nardus, 1960 – 1963 Malan, Nicolas Johannes, 1963 – 1967 Van der Merwe, dr. Carel Nicolaas, 1971 – 1975 Pretorius, Egbertus, 1975 – 1980 Van der Walt, Pieter Johannes, 1980 – 1989 Cilliers, Jacobus Hermanus, 1990 – 2007 Erasmus, Marthinus Johannes Jacobus, 2008 – 2011 Coetzee, Gideon Christiaan, 2012 – hede

Galery

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika