Die balk-dikbek (Hemigymnus fasciatus) is 'n vis wat voorkom in die Indo-Pasifiese gebied, die Rooisee, Oman en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Barred thicklip wrasse.

Identifikasie Die vis word tot 50 cm groot en het kenmerkende diklippe. Die vis se kleure verander soos dit ontwikkel. Die wyfie het 'n swart lyf met vyf nou, wit vertikale strepe op die sye. Die kop is geel-groen met pienk strepe op. Die volwasse mannetjie se pienk strepe is meer duidelik. Gedurende broeityd kan die mannetjie die kleure op sy lyf omkeer: die wit word swart en die swart word wit. Die onvolwasse visse is bruinerig tot donker groen van kleur met verskeie dowwe strepe oor die lyf.

Habitat Die vis leef in water wat van 5 tot 25m diep is. Hulle verkies 'n mengsel van sand, rotsrommel en koraal in riwwe. Die onvolwasse vissies skuil in die korale se takke terwyl die volwasse visse orals op die riwwe swem. Die vis is alleenlopers of bly in klein groepies. Hulle vreet slakke en skaaldiere. Hierdie spesie word nie dikwels gesien nie.

duimnael|links|'n Balk-dikbek

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Reef fishes & corals – East coast of Southern Africa. Dennis King. Struik Nature. 1996 The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Eksterne skakel

http://www.fishbase.org/summary/Hemigymnus-fasciatus.html

Kategorie:Lipvisse