duimnael|regs|300px|Die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Oos.

duimnael|regs|160px|Ds. J.J. De Wet Kruger, van 1970 tot 1983 die eerste leraar.

Die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Oos is die derde grootste gemeente van die GKSA in die universiteitstad Potchefstroom. Einde 2015 was hier 568 belydende en 130 dooplidmate vergeleke met onderskeidelik 519 en 133 vyf jaar vantevore.Terwyl die Klassis Potchefstroom se sieletal dus met 151 van 3 706 einde 2011 afgeneem het tot 3 555 vyf jaar later, het Potchefstroom-Oos se sieletal toegeneem met 46.

Die Gereformeerde kerk Potchefstroom-Oos het in April 1970 van die Gereformeerde kerk Potchefstroom afgestig. Die nuwe gemeente het grond met geboue daarop van ene Petersen gekoop, onder meer ’n skuur. Bannie Britz is as argitek aangewys met die opdrag dat die skuur ingesluit moes word by die plan vir die kerkgebou. Die bouaannemer was W.P. Huysamen. Potchefstroom Grafsteenmakers het die hoeksteen aan die gemeente geskenk en oudl. At Erasmus het vir die graveerwerk betaal.

Ds. J.J. De Wet Krüger het die kerk se hoeksteen op 17 Maart 1973 gelê en op 17 Oktober 1973 is die gebou in gebruik geneem. Prof. P.W. Buys het tydens dié geleenthede ’n feesrede gelewer. Hierdie gebou bied sitplek aan 460 kerkgangers. Die hoofingang het ’n groot afdak en ’n geplaveide binnehof met ’n toring is aaneengeskakel met die skuur.

Predikante Kruger, Johannes Jacob de Wet, 1970–1983 Denkema, Francois, 1981–1986 Grobler, Hermanus Marthinus, 1984–1999 Vergeer, dr. Willem Cornelis, 1999–2007 Venter, Piet, 2007 – hede Steyn, Karel Petrus, 2012–2017

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Potchefstroom-Oos Kategorie:Potchefstroom