Die Gereformeerde kerk Harare was ’n gemeente van die GKSA met middelpunt in die Zimbawiese hoofstad, Harare, wat vir die grootste deel van sy bestaan as die Gereformeerde kerk Salisbury bekendgestaan gestaan het.

Hierdie gemeente is reeds in 1914 gestig, 13 jaar ná die NG gemeente Salisbury, wat vandag (2016) nog bestaan. Met die land se onafhanklikwording in 1980 het Salisbury nog 80 belydende lidmate gehad nadat die belydende en dooplidmate 20 jaar vantevore onderskeidelik 170 en 145 was, die grootste gemeente in die destydse Klassis Trans-Limpopo, waartoe al die kerke in Suid-Rhodesië, Noord-Rhodesië en Kenia toe behoort het.

Hier het die orrel van die Gereformeerde kerk Eldoret in Kenia ’n tuiste gevind, maar eindelik het dit ’n staanplek in die Gereformeerde kerk Chinhoyi gevind, die laaste Gereformeerde kerk in Zimbabwe. Die Gereformeerde kerk Harare het in 1984 ontbind, drie jaar ná die Gereformeerde kerke Bulawayo, Fort Victoria-Nuanetsi en Gwelo Gatooma.

Predikante Snyman, Pieter Gert Wessel, 1944 – 8 Februarie 1948 (oorlede in die amp; blykbaar woonagtig op Enkeldoorn) Kempff, dr. Dionysius, 1953 – 1957 Maritz, Willem Johannes, 1958 – 1961 Van Wyk, dr. Jan Harm, 1962 – 1965 Bester, Gert Barend Cornelius, 1965 – 1968 Boneschans, Jan Hendrik, 1969 – 27 Oktober 1971 Du Plessis, dr. Marthinus Johannes, 1973 – 1975 Kits, Jelte, B.Com., 1976 – 1977 Boshoff, Marthinus Christoffel, 1979 – 1982 (in kombinasie met Sinoia)

Galery van leraars

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook NG gemeente Harare

Kategorie:Gereformeerde Kerke in Zimbabwe Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Kategorie:Harare