Salvador Allende (1908–1973) was 'n sosialistiese politikus en van 1970 tot sy dood die president van Chili. Allende pleeg in 1973 selfmoordDie HAT Taal-en-feitegids () meld dat hy vermoor is. en talle van sy ondersteuners word vermoor toe die weermag die regering oorgeneem. Hy is bekend as die eerste Marxistiese president om in 'n Latyns-Amerikaanse land deur 'n oop verkiesings aan bewind te kom. Sy niggie, Isabel Allende, is 'n bekende Spaanstalige skrywer.
Beknopte biografie duimnael|links|upright|Salvador Allende in 1973 duimnael|links|upright|Standbeeld van Allende voor die La Moneda-paleis Salvador Guillermo Allende Gossens is op 26 Junie 1908 in Santiago de Chile in Chili gebore.
Hy was bykans 40 jaar lank in die Chileense politiek betrokke. As 'n lid van die Sosialistiese Party was hy 'n senator, voorsitter van die Senaat en 'n minister. Hy was 'n onsuksesvolle presidensiële kandidaat in die verkiesings van 1952, 1958 en 1964. Hy wen egter die verkiesing van 1970 en word op 4 November 1970 as die president van Chili ingehuldig.
As president het Allende 'n beleid van nasionalisering en kollektivisering nagevolg. As gevolg hiervan ontstaan 'n toenemend gespanne verhouding tussen hom en die Chileense regering.
Op 11 September 1973 voer generaal Augusto Pinochet, met ondersteuning van die CIA, 'n staatsgreep in Chili uit. 24 September 1973. "Allende's downfall had implications that reached far beyond the borders of Chile. His had been the first democratically elected Marxist government in Latin America..." Terwyl troepe die La Moneda-paleis omring, lewer hy sy laaste toespraak en onderneem om nie te bedank nie. Salvador Allende's Last Speech Later dieselfde dag skiet hy homself met 'n AK-47.
Ná Allende se afsetting weier Augusto Pinochet om die mag aan die burgerlike regering terug te handig. Chili is vervolgens van 1973 tot 1990 deur 'n militêre junta regeer. Duisende van Allende se ondersteuners en andersdenkendes is in die tydperk vermoor.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Salvador Allende-stigting
Kategorie:Presidente van Chili Kategorie:Ministers van Gesondheid Kategorie:Geboortes in 1908 Kategorie:Sterftes in 1973