Die America's Cup (of Auld Mug) is 'n seiljagwedvaart wat elke drie of vier jaar gehou word. Dit is die eerste keer in 1851 aangebied en word as die belangrikste seiljagvaart ter wêreld beskou.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Sommige mense beskou dit as die oudste internasionale sportbyeenkoms. Dit is wel die oudste sporttrofee waarom vandag nog meegeding word. Die eerste wedvaart is deur The Royal Yacht Squadron georganiseer. Die kompetisie is na die eerste wenner daarvan, 'n skoener genaamd America van die New York-seiljagklub, genoem.

Die wedvaart vind tussen twee seiljagte plaas. Die eerste, die verdediger, verteenwoordig die seiljagklub wat tans die titel hou. Die tweede, die uitdager, verteenwoordig die klub wat die titelhouer daarom uitdaag. Die reëls van elke wedstryd word vooraf deur die verdediger en die uitdager opgestel.

Eindstryde duimnael|Die skoener America wen die internasionale wedvaart, skildery deur Fitz Henry Lane, 1851 duimnael|Wennerstrofee: die "Auld Mug" JaarTitelverdedigerUitdagerUitslag 2024 Emirates Team New Zealand, Taihoro INEOS Britannia, Britannia RB3 7:2 2021 Emirates Team New Zealand, Te Rehutai Luna Rossa Prada Pirelli, Luna Rossa 7:3 2017 Oracle Team USA Team New Zealand, Aotearoa 1:7 2013 Oracle Team USA Team New Zealand, Aotearoa 9:8 2010 Alinghi BMW Oracle Racing 0:2 2007 Alinghi Team New Zealand 5:2 2003 Team New Zealand Alinghi 0:5 2000 Team New Zealand Prada Challenge 5:0 1995 Young America Team New Zealand 0:5 1992 America 3 Il Moro di Venezia 4:1 1988 Stars and Stripes New Zealand 2:0 1987 Kookaburra III Stars and Stripes 0:4 1983 Liberty Australia II 3:4 1980 Freedom Australia 4:1 1977 Courageous Australia 4:0 1974 Courageous Southern Cross 4:0 1970 Intrepid Gretel II 4:1 1967 Intrepid Dame Pattie 4:0 1964 Constellation Sovereign 4:0 1962 Weatherly Gretel 4:1 1958 Columbia Sceptre 3:1 1937 Ranger Endeavour II 4:0 1934 Rainbow Endeavour 4:2 1930 Enterprise Shamrock V 4:0 1920 Resolute Shamrock IV 3:2 1903 Reliance Shamrock III 3:0 1901 Columbia Shamrock II 3:0 1899 Columbia Shamrock 3:0 1895 Defender Valkyrie II 3:0 1893 Vigilant Valkyrie II 3:0 1887 Volunteer Thistle 2:0 1886 Mayflower Galatea 2:0 1885 Puritan Genesta 2:0 1881 Mischief Atalanta 2:0 1876 Madeline Countess of Dufferin 2:0 1871 Columbia Livonia 1:0 1870 Magic Cambria 1:0 1851 Aurora en 13 andere bote America 0:1

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste

Kategorie:Seiljagwedvaarte