Alan Sidney Rickman (21 Februarie 1946 – 14 Januarie 2016) was ’n Britse akteur. Rickman was lid van die Royal Shakespeare Company in sowel moderne as klassieke teaterproduksies. Sy groot deurbraak was in die rol van Vicomte de Valmont in die toneelstuk Les Liaisons Dangereuses in 1985, waarvoor hy ’n Tony gewen het. Rickman het wyer bekendheid verwerf deur sy rolprentoptredes, soos as Hans Gruber in Die Hard en Severus Snape in die Harry Potter-rolprentreeks.
Rickman se ander fliekrolle sluit dié as die sheriff van Nottingham in Robin Hood: Prince of Thieves, Jamie in Truly, Madly, Deeply, kol. Brandon in Ang Lee se 1995-film Sense and Sensibility, Harry in Love Actually, en P.L. O'Hara in An Awfully Big Adventure in. Meer onlangs was hy regter Turpin in die rolprentweergawe van Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street. In 1995 is ’n Golden Globe, Emmy en Filmakteursgilde-prys aan hom toegeken vir sy vertolking van die rol Rasputin in Rasputin: Dark Servant of Destiny.
Rickman en sy vrou, Rima Horton, het mekaar ontmoet toe hulle nog tieners was. Sy het later 'n lektor in ekonomie geword en 'n raadslid van die Britse Arbeidersparty. Die twee is eers in 2012 getroud nadat hulle sedert 1965 saam was.
Buiten bogenoemde pryse het hy ook ’n Bafta-prys gewen. Hy is in Londen aan kanker oorlede in die ouderdom van 69 jaar, vier dae ná die Britse sanger David Bowie, ook weens kanker en ook op die ouderdom van 69 jaar.
Filmografie Rolprente 1988: Die Hard 1989: The January Man 1990: Quigley Down Under 1991: Truly, Madly, Deeply 1991: Closet Land 1991: Robin Hood: Prince of Thieves 1991: Close My Eyes 1992: Bob Roberts 1994: Mesmer 1995: An Awfully Big Adventure 1995: Sense and Sensibility 1996: Michael Collins 1997: The Winter Guest 1998: Judas Kiss 1998: Dark Harbor 1999: Dogma 1999: Galaxy Quest 2000: Help! I'm a Fish 2001: Blow Dry 2001: Harry Potter and the Philosopher's Stone 2001: The Search for John Gissing 2002: Harry Potter and the Chamber of Secrets 2003: Love Actually 2004: Harry Potter and the Prisoner of Azkaban 2005: The Hitchhiker's Guide to the Galaxy 2005: Harry Potter and the Goblet of Fire 2006: Snow Cake 2006: Perfume: The Story of a Murderer 2007: Nobel Son 2007: Harry Potter and the Order of the Phoenix 2007: Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street 2008: Bottle Shock 2009: Harry Potter and the Half-Blood Prince 2010: Alice in Wonderland 2010: Harry Potter and the Deathly Hallows – Part 1 2010: The Wildest Dream 2011: Harry Potter and the Deathly Hallows – Part 2 2013: Gambit 2013: The Butler 2013: A Promise 2013: CBGB 2014: A Little Chaos 2015: Eye in the Sky 2016: Alice Through the Looking Glass
Verwysings
Bron Alan Rickman, giant of British film and theatre, dies at 69, The Guardian, 14 Januarie 2016. URL besoek op 14 Januarie 2016.
Eksterne skakels
Alan Rickman at Emmy Award Alan Rickman (Aveleyman)
Kategorie:Geboortes in 1946 Kategorie:Sterftes in 2016 Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 21ste eeu