Ladinies is 'n taal wat in sekere Europese lande gebruik word.

duimnael|links|Opskrif in Ladinies. Vertaling: "'n Goeie herberg, goeie geselskap, almal besoek hom graag, oud en jong." Die naam Ladinies word soms gebruik as sinoniem vir Retoromaans, meestal word dit egter gebruik vir die westelike variante van Retoromaans, dus met uitsluiting van Friulaans.

Ladinies word in Belluno, Bolzano (Bozen), St. Christina in Gröden, Val Gardena in Suid-Tirol en Trient in Italië gepraat. Die Europese Buro vir Minderheidstale skat die aantal sprekers in Italië op 28 000. Die Freie Universität Bozen/Libera Università di Bolzano het sedert 2001 'n Ladiniese afdeling wat op taalkunde, filologie en meertalige opvoedkunde fokus.

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

News – Noeles.net die eerste internet-nuus-portaal in Ladinies (Dolomite Ladinies / Standaard Ladinies). Die inhoud is meestal oor Ladiniese kultuur, politiek, samelewing, ens. Weekly Paper – La Usc Di Ladins (Die stem van die Landiniërs – in Ladinies – verskillende afdelings in al die sub-dialekte geskryf.

Kategorie:Romaanse tale Kategorie:Tale van Italië Kategorie:Tale van Switserland Kategorie:Trentino-Suid-Tirol