Die stormbandpikkewyn (Pygoscelis antarctica) is 'n pikkewyn wat in Antarktika asook die Bouvet-eiland leef en broei. Die voël is onmiskenbaar met die swart streep om die nek. Dit verskil van die Adeliepikkewyn; die swart op die kop strek nooit verby die oë nie. Die voël staan ook bekend as die kenbandpikkewyn of keelbandpikkewyn.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronne Field guide to the birds of Southern Africa Struik Publishers, Ian Sinclair 1984

Eksterne skakels

Kategorie:Pikkewyne